Spiritual Secrets, From You, and PostSecret The Show

Laat menz dink …

PostSecret

PostSecret comes to NYC: Student Tickets on Sale Today

View original post

Advertisements

Hê, hê, hê … gee, gee, gee …

Mygoeiefok. Vra mense nie meer vrae in onderhoude nie? Lees hulle nie hulle kontrakte voor hulle dit teken nie?

he he he

So wanneer gaan die people begin aandring hierop? Seker nie meer lank nie.

Is it legal, nogal … En dan kan ons  nie pension fund spel nie …

FFS!

Poerdez

 

Hoe om NIE ‘n pleister …

… in jou eie lies te probeer plak nie. Veral nie as jy ‘n spens het nie!

Ons ken almal die ou storie: die man moet ‘n pleister op sy boud plak, maar hy kan nie vêr genoeg twist om by te kom nie. Toe kry hy die blink gedagte om voor die spieël te buk en tussen sy bene deur te kyk waar die pleister moet kom en so die probleem op te los. Maar vir elke pleister wat hy plak, kan hy al hoe minder pleister op sy boud voel. As hy onderstebo in die spieël kyk, sit daar al 6 pleisters; maar as hy voel, is daar niks. Dis toe eers toe hy regop kom en na die spieël kyk, wat hy die probleem sien: al die pleisters sit teen die spieël!

Nou. as jy meer as net effens duidelik gepleister is, kan jy nie jou eie lies sien nie. Nie eers met ‘n handspieël nie want jy’t nie genoeg hande om die spieël vas te hou EN jou spensvelle uit die pad uit te trek nie. Swaartekrag speel hier ook ‘n rol, veral as jy vroulik is en nog nie jou slingervel aangetrek het nie.

As jy op jou rug op die bed lê en soos ‘n akrobaat jou bene (met tone gepunt) reguit oplig en dan soos die rooi see voor Moses uit, jou bene split, gaan jy mos genoeg spasie hê om te kan werk – al is dit op gevoel alleen. Die wet van gelykheid beteken dat die air bubble van jou spens altyd bo gaan wees (al lê jy op jou maag), so mens kan OM hom werk. Maar as jy nog nie bolangs die nodigste aan het nie en effens meer geseën is as die normale vrou, gaan jy sukkel – veral as jou bolyf eens afdraande lê na jou kop se kant toe.

As jy jou arms na mekaar toe bring, dreig die boobs om jou te versmoor deur op jou keel te gaan lê. As jy jou arms oop maak is jy onmiddelik doof want die puppies lê oor jou ore. Nogals handig te pas in die winter, maar nie regtig prakties as jy in die middel van ‘n hittegolf noodhulp op jouself probeer toepas nie. Trek maar eerder die slingervel aan in sulke omstandighede voor jy begin. Maak tog seker dis ‘n double-cross-your-heart wat nuwerige rek in het, anders is dit nodeloos.

Toe die krampe in jou bene en heupe laat los het en jy jou asem terug gekry het, begin jy rond kyk vir dinge om ‘n plan te maak, jy is mos ‘n strategiese denker and all and all. Dan vang jou oog die spieël teen die muur en bogenoemde storie pop in jou gedagtes op.  Dus weet jy reeds wat die gevolge van so ‘n episode kan wees en jy begin ander prentjies sien. Sê nou maar jy plant een voet dwars op die vloer voor genoemde spieël (die linker een) en jy doen die splits sodat jou ander voet (die pleister moet op die regter been kom) op die muur reg langs die spieël rus…

Na ses pogings om hierdie maneuver reg te kry en jy sewe keer van die vloer moes opstaan en die hond berading gee wat die hele petalje moes gadeslaan, besef jy dat jou angle van sukses presies 0.00056893 grade meer is as wat jy kan hanteer. Want jy hou aan ombliksem. Die gestrek en geblaas en geskuur maak die puisie in jou lies net nog kwaaier en seerder. Na die koffie wat jy sommer staande in die kombuis gedrink het, betrek jy die implemente laai – julle weet, daai een wat altyd halfpad vas steek omdat een van die braaivurke ‘n onsedelike botsing met die whisk gehad het en die soplepel dit in ‘n threesome probeer omskakel het.

En jy besef dat hierdie storie NOU moet klaar, want veel meer idees en moed het jy nie. Met ‘n paar strategies geplaasde kussings voer jy jou head stand op die bed uit met een voet op die kopstuk en die ander voet verlore – want jy’t drie sekondes nadat jy jou pose geneem het, alle gevoel in jou linkervoet verloor. In fact, jy weet nie eers meer of dit jou voet is nie, jy weet nie meer of jy ooit ‘n linkervoet gehad het nie … dis nou van die bloed wat weens swaartekrag jou brein oorspoel en jou dieselfde tipe gedagtes gee as daardie gedroogte sampioene wat jy laas by die apteker gekry het toe jy vir hom gesê het jy soek meer opwinding in jou lewe.

En jy baklei verby die puppies wat probeer ontsnap en jy baklei verby die air bubble van jou waterpas en jy het die salf en jy het die pleister en jy PLAK! Sommer vier pleisters so oorkruis sodat jy seker is dat een darem die vulkaniese uitbarsting wat op pad is, sal kan keer.

Toe jy wakker word, staan daar ‘n lou koppie koffie voor jou bed en jy is laat vir werk. Heelwat later hoor jy dat jou man homself nat gepiepie het van lag toe hy jou in daardie posisie uitgepass op die bed gekry het. Gelukkig het hy nie daarin gedink om foto’s te neem nie. Hy het jou jammer gekry, vir jou ‘n pleister op jou dreigende vulkaan geplak en jou meer gerieflik gemaak (menende die bloedtoevoer na jou extremities herstel en jou bubble weer op sy plek laat bobble …).

Daarna het hy die vier-pleister-ster en salf van die kopstuk verwyder …

Moet NIE self ‘n pleister op ‘n ontoereikende plek probeer plak NIE. Vra eerder vir hulp, dis nie ‘n skande nie. Fokkit, mens kan darem ‘n hoop pleisters spaar as iemand anders hulle vir jou plak …

Poerdez

Protesteer …

Vandag wil menz protesteer. Soos die massas en menigtes opdaag vir gratis KFC en T-shirts om geraas te maak en te dreig en te DEMAND en bande te brand en klippe te gooi. Ek wil my voete stamp en my vuiste rondswaai en skree en sing tot en hees is.

Hierteen wil ek vandag betoog:

  • New and improved
    • die moroon wat hierdie oxymoron uitgedink het moet ‘n lang en stadige pynlike dood sterf
    • iets kan nie gelyktydig nuut en verbeter wees nie, dis of die een of die ander
    • Menz weier om enige produk te koop waarop “new and improved” verskyn, te koop. Norrefok!
  • Die “new and improved” Kelloggs Rice Krispies
    • Vanilla-geur met tonne en tonne suiker
    • Proe soos crap en diabete kan dit nie eet nie
    • Dit snap, crackle en fokof nie meer nie
    • Menz soek menz se ou Rice Crispies terug!! Hoor julle Kelloggs!!! We demand!!!!!!
  • Unisa studente
    • Menz wil betoog oor hulle DEMAND om bo-en-behalwe gratis studie, nou ook laptops en handboeke en etekaartjies te kry
    • Waddefok?
    • En dan wil hulle ander vraestelle as die minority skryf, want dis te moeilik.
    • O fok tog, gee eerder geduld as krag, want menz gaan ‘n paar van hulle bliksem
    • Fokof terug huis toe en gaan doen jou matriek oor sodat jy ordentlike punte kan kry om te kwalifiseer vir ‘n beurs of ‘n lening. Dan werk jy soos die res van ons vir jou fokken kwalifikasie of besittings. Amandla!!
  • Zuma se sangloopbaan
    • Hy kan nie sing nie
    • Hy kan net rassistiese haatspraak opswepende woorde uiter
    • Nou gaan dit opgeneem word? Hoekomdefok?
    • Gaan die kinders dit nou op skool moet leer?
    • Hoekomdefok is die wit etter wat saam met hom op die verhoog staan en sing, nog nie uitgehaal nie?

Hanz, get ze pantzer ready, ve attack at dawn!!!

Poerdez

Menz sê …

Gisteraand sê Mike Bolmuis se sekretaresse op die vistenk se skerm dat hy altyd sê: I say what I mean and I mean what I say.

Netso. Menz dink nog steeds hy’s ‘n asshole, maar ten minste is hy ‘n honest asshole.

En menz is ook so.

Poerdez

Hoekom wag …

… vir ‘n nuwe jaar om voornemens te maak? Enige dag of uur is goed genoeg.

9-rules-for-being-human1

And rule no1: Don’t be a doos.

Indie NLP kursus wat menz doen, is daar ‘n paar aannames (presuppositions) wat jy veronderstel is om te glo:

  • The map is not the territory
  • People are not their behaviour
  • People don’t have bad intentions
  • Relevant truth exists only in relationship
  • The meaning of communication is the response we get
  • All processes should promote personal growth
  • Understanding comes only from experience
  • People are one strategy away from achieving anything
  • Calibrate only on behaviour
  • People are not broken

Menz sukkel nogal met ‘n paar van die hierbo.

Vandat menz ingeskryf het by Udemy vir ‘n paar kursusse, sukkel menz om verby “people don’t have bad intentions” te kom. Veral met ‘n paar mense se optrede (people are not their behaviour) gisteraand (die fokken 1ste van die jaar, nie die 31ste van die ou jaar nie) met vuurwerke en bomme wat vir die lekker losgelaat word. Al die honde in ons huis wat kan hoor, was die 31ste gedrug sodat die bedooslike mense se optredes hulle nie pla nie. Moet menz hulle nou elke fokken aand van Januarie pille injaag?

*asem in 1 2 3, asem uit 1 2 3 *

Fokweet, as ons net die vlak van opvoeding en menswees in die algemeen kan lig, sal dit al beter gaan. “All processes should promote personal growth” – miskien sal hierdie een vir menz kan werk as menz ‘n paar pk’s kan uitdeel. Menz kan dan mos nie skuldig wees nie, want “People are not their behaviour“. Maar dan net so kan menz hulle nie as oortreders van Rule no 1 sien nie.

*sug*

Hopelik het jy minder issues in jou kop en lewe en raas dit nie so daar by jou nie – binne of buite jou kop.

Poerdez