Ons is mos almal verskillend, nê? Ons hanteer almal dinge anders; en somtyds voel ons ons is die eerste en enigste mense van Adam en Eva af wat hier/daardeur gaan.

Menz verstaan van seer en rou. En tyd om daarmee vrede te maak en jouself weer presentable te kry vir geselskap. Menz weet. Menz verstaan.

Maar … die lewe gaan aan, hy staan nie stil nie. Al wil jy hê hy moet want jy’t seer. Al wil jy nie want jy’s stukkend. Jy kan nie vir altyd rou nie. Jy gaan vir lank seer hê, maar tyd maak dit beter.

Menz se  raad: klim so gou moontlik weer op die perd.Gaan terug werk/skool toe. Deel met die alledaagse. Wees besig met jou hande en jou kop. Praat met mense oor gewone goed.Huil as/wanneer jy moet, maar lag ook – al is dit vir simpel grappies.

Wees deel van die lewe wat aangaan, moenie agterbly nie.

Klim so gou montlik weer op.

Poerdez

Advertisements