Sleutelwoorde

,

Miskien is menz dom of net ongevoelig. Miskien is menz te dom om te voel of dalk nie fynbeswaard genoeg om te voel nie.

Dood is dood. Finaal vir hier. Vir nou. Verby.

Niks op hierdie aarde kan die dooie terug bring nie. Niks kan die situasie terug vat na 5 minute voor afsterwe nie. Niks. Nada. Fokol.

Die dood is nie vir menz erg nie. Menz kan tog niks daaraan doen nie. Die verlies en hartseer is vir menz ‘n private saak. Vir alleen huil oor en alleen rou oor. Self. Alleen. Privaat. Net menz en die seer.

Doen wat gedoen moet word want die lewe gaan aan. Die lewe stop nie omdat jy seer het nie. Die verantwoordelikhede wag nie ‘n bietjie omdat jy nie kans sien daarvoor met die seer in jou lyf nie.

Die dooie is nie meer hier nie, jy begrawe ‘n dop – ‘n houer/omhulsel as jy dan wil. Blomme en gesange is bedoel as troos vir die wat agter bly. Dit maak niks aan/vir die persoon wat ontvlug het nie.

Los die dooies, hulle het aanbeweeg. Luister en sien die wat nog om jou is. Die wat jy wil sien en na wil luister. Sif mooi, die tyd is kort en die trein trek onverwags.

Poerdez

 

Advertisements