Is jy in ‘n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou handvatsels glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie ‘n sponskind (softy) nie jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral perm). Of word jy nou ‘n tannetjie-hekel (ou lady). Onthou jy nog hoe jy druktyd (sweet sixteen) beleef het?

Miskien moet jy maar ‘n ou loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te stel nie, né? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy eerder ‘n fundivakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy wees? Spin jy jou driewiel (gooi ‘n tantrum) omdat jy vanoggend weer besef het jou vriend is ‘n onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat driver)?

Dit sal my ook ystervarke laat vang (‘n gasket laat blaas) as iemand heeltyd soos ‘n koop’sebliefie (rep) sy stembande om my ore rek (nag). Hy het seker maar vanoggend weer ‘n effense bewerlewertjie (hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie (halfjackie). Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir gips en steke (watch it)!

Gaan huis toe, groet die bure se brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag (informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). As dit ‘n petofferige (flashy) ou is wat met ‘n sardyntrein (taxi) voor die deur stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand alleen wees.

Slaan ‘n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge weg in ‘n bloplappie (tissue). Hou sommer môre ‘n vakbondvastrap (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir ‘n verhoging om te betaal vir die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).

*Ontvang per epos oor die Wilde Woordeboek

Poerdez

Advertisements