Menz is aan die verkeerde kant van bright eyed and bushy tailed, en weet nog steeds nie wat menz wil “word” nie …

brandweerman, lykbesorger, veearts, dokter, wildbewaarder, astroloog, wetenskaplike, polisieman, reisiger, fotograaf, uitvinder, onderwyser, kok, koekbakker, ouer, proefleser, skrywer, argeoloog, ruimtereisiger, skilder, musikant …

Maak maar die lysie langer met enige ander idees waarmee jy vorendag kan kom. Menz het nie noodwendig die talente vir al die bogenoemde nie, maar menz kan droom.

Menz werk nou met syfers want dis hoe menz se lewe uitgedraai het. En menz is goed daarmee, baie goed.

Maar menz wil nie. Nie meer nie.

Menz wil MEER.

Maar sodra menz iets verstaan of kan doen, dan verdwyn die lus om dit te doen. Of hey look, a butterfly

Dis tyd dat menz die lotto wen sodat menz kan doen waarvoor menz op daardie stadium lus het … of nie.

Poerdez

Advertisements