Meeste van die mense besef darem dat niks verniet is nie. Dat alles om geld draai en dat as dit TE goed klink, dit gewoonlik nie waar is nie.

fools

Nou is daar werklik mense wat hierdie kak like; wit/goud as hulle kleur noem en deel met die res van die mensdom. Want hierdie mense van die Engelse Staat gaan vir hulle ‘n iPhone of Apple Laptop stuur. Werklik!

Dis seker dieselfde mense wat die epos glo dat hulle die erfgenaam is van ‘n verlangse familielid wat onlangs in Ghana oorle is en hulle erf alles – miljuisende $’s. MAAR, om die dokumente los te kry/doodsertifikaat uitgereik te kry/boedel afgehandel te kry, moet hulle NET ‘n bedraggie van $500 inbetaal by die prokureur. Uhm. Ja.

[facepalm]

Menz wenz soms menz kan deur die rekenaarskermpie ‘n paar klappe uitdeel. Vir dom-wees. En so.

Poerdez

Advertisements