Die 2de rede hoekom ‘n mens ‘n pleister op ‘n seerplek plak, is om dit weg te steek. Vir die wêreld, want wie wil nou hê die wêreld moet mens se seer kan sien?

Die 1ste rede hoekom mens ‘n pleister op ‘n seerplek plak, is om dit gesond te maak. Om dit skoon te hou, sonder kieme. En om dit nie aan te hou stamp teen goed nie.

Menz vergeet soms dat na 25 jaar se ken, menzseMan nog steeds seer het en dat daar wegsteekpleisters oor geplak is, maar nie gesondmaakpleisters nie. Menz vergeet soms dat menzseMan brose, gekneusde seerplekke in sy wese het.

Menz vergeet soms van verwerping en seerkry en bagasie uit menzseMan se verlede. Menz vergeet soms dat dit ‘n hele leeftyd se werk en koestering en salfies en pleisters kan/moet/gaan wees van pleisters plak en gesondsoen. Menz gee nie om vir daai nie.

Menz vergeet soms dat ander nie dieselfde behoeftes van net-‘n-bietjie-lê-en-lees het nie, maar eerder behoefte het aan naby wees en vasgehou wees en gekoester wees.

Menz sê jammer vir nog ‘n kneusplek wat ‘n gesondmaakpleister nodig het. Jammer dat menz nie gesien of gevoel het nie.

Sorry.

Poerdez

PS: Konsentreer poepol!

Advertisements