… jy is ‘n doos. Ekskuus tog, was ‘n doos.

“Die beste deel van jou het teen jou ma se been afgeloop.”

Menz kan nie in woorde oordra hoe ‘n gemoedsbekakking van epidermiese proporsies hierdie woorde menz gee nie.

Menz gee nie ‘n fok om of die oupa gedrink, gerook of gedrug was nie. Menz vermoed hy was net. Doos. Menz vermoed hy moes eerder nie voortgeplant het nie.

As menz sou kon time travel en hierdie dooslike man kon opsoek, sou menz hom ‘n PK gegee het sodat hy geweet het wat ‘n PK is. Hopelik sou menz betyds kon wees om bostaande gesprek te keer. Indien nie:

En menz sou die seun wat hierdie woorde moes hoor teen haar bors gekoester het en gesê het: “Dis ok. Jou pa is ‘n doos van ‘n man. Moenie worry nie, alles sal ok wees. Jy is baie meer.” En menz sou vir hom ‘n karretjie en ‘n roomys gekoop het en gekoester het.

Want dis waarna hy die res van sy lewe gesoek het. Worth. En koestering. En in die proses van soek, opgefok het. Want hy het nie geweet hoe nie. Want hy het nie geglo hy was werd nie. Want hy het seer gehad.

Foktog.

Poerdez

PS:  Die oupadoos het heelwaarskynlik dieselfde beleef van sy pa af. Maar mens dra nie die seer oor na jou kinders nie. Nooit.

PPS: ‘Skiestog vir die taal, maar daar is bittermin wat menz so bokspuls maak as dooslike mense en dieremishandelaars. Menz hakkel soos ‘n slang wat wil spoeg van kwaad …. en al wat dit dan beter maak, is ‘n vloekwoord of twee. Jaja, menz weet …. klas en al daai dinge. Menz gee in so ‘n oomblik nie om nie. Fokol.

 

 

Advertisements