Menz en menzseMan het die werkslewe begin met drie ou(erige) voertuie. Twee kom nog uit Noag se vloot afleweringsvoertuie uit en die rooie is deur Herodus gebruik in die sensus daardie tyd.

Toe daar vêr begin werk word, moes een voertuig opgegradeer word sodat menz darem in een stuk by die huis kon kom na werk. Een van die oudste vlootvoertuie is toe van die hand gesit ter wille van spasie en logistiek. As ‘n ding staan word hy vinniger oud as wat menz hom elke dag ry … (wink-wink-nudge-nudge: menzseMan sou hoop …) Die 6262626 word toe ingelyf by die familie.

Op ‘n dag word daar toe gekyk na ‘n bakkiekiekie … menz en menzseMan se eerste nuwe ryding uit die boks uit!!! Hy was lekker klein en lekker vinnig, redelik swaar op die sous van ‘n loodvoet op die petrol. Toe ploeg Herodus se rooie in die stof na 17 jaar en 330 000 km en word geskenk aan menzseBroer … en na 3 maande geaffirmative shopped as bydrae vir die nuwe SA.

Met al die koopmytoggies op die vierkantige skermpie vang ‘n Otter toe menz se oog en menzseMan is toe ook impressed. Somme word gemaak en toe ons sien ons gaan dit net-net maak, bestelling ingesit so gou ons kon. Dus die tweede natnuwebakkie (daardie look & feel & smell van ‘n nuwe voertuig, veral een met koeivelsitplekke …) in ons familie.

*Bygesê: volgordes en feite kon dalk hier bolangs deurmekaar geraak het, maar hier is die punt (uiteindelik) van menz se storie:

Die otter word in Desember 2011 aangeskaf teen R275 000.00 (sonder ekstras). *hygent hert!!*

Die otter se 2016 prys is R403 995.00 (sonder ekstras). *snak na asem*

Dis ‘n 8% groei jaar op jaar van 2011 se prys na 2016 toe. Niks in menz se lewe het met 8% gegroei jaar op jaar van 2011 nie … (miskien kredietkaartskuld, maar daaroor praat menz nie) ….

Menz vermoed die otter was menz se laaste natnuwebakkie … veral synde ‘n nuwe voertuig 30% van sy waarde verloor sodra jy hom by die deure van die handelaar uit het – al het hy nog net 5 km op die klokke …

Hou otter, hou!!

Poerdez

 

Advertisements