As jy “piesang” of “koei” as kragwoord gebruik wanneer jy jou toon gestamp het, kan jy seker tog “bliksem” ook gebruik? Maak die woord of die gebruik daarvan saak?

Swearing is such a common response to pain that there has to be an underlying reason why we do it,” says psychologist Richard Stephens of Keele University in England, who led the study. And indeed, the findings point to one possible benefit: “I would advise people, if they hurt themselves, to swear,” he adds.Jul 12, 2009″. Lees meer hier.
Daar is twee woorde in die Afrikaanse woordeskat wat menz glad NIE gebruik NIE. Hulle begin albei met ‘n “P”. Daar is vir menz niks meer kommin en banaal as daardie twee woorde nie. Dan staan menz verbaas as dit so natuurlik soos asem oor ander mense se lippe vloei.
Wanneer menz ‘n toon stamp, word “moerwetterheletteroog” gereeld gehoor. Wanneer die gestampte toon ‘n ingroei-naeltjie het, gebruik menz gewoonlik “einafokbliksem”. In die verkeer gebruik menz “youfuckingidjit” om frustrasie uit te lig.
Menz is bekend (of berug) onder die familiekinders om al per geleentheid “dwarsgenaaidehoenderhoer”  te kon gebruik het, maar daar is geen bewyse nie.
Vir menz is daar nie grade van vloek nie – so lank menz bo die belt bly, is dit fine. Menz praat nie van ander mense se ma’s se hare nie.
Poerdez
Advertisements