Nie tot in die afgrond in nie, maar naby.

Hoekom bederf ons die mense wat ons lief het? Hoekom doen ons dinge vir hulle? Hoekom probeer ons hulle lewens maklik(er) maak?

Korrelkop Kahuna se Die ekstra kind laat my hierdie vraag oordink. En ewe skielik is daar baie vrae …

Sou dit wees om self worth te bekom? Om te voel of jy iets beteken vir iemand of ‘n doel het in die lewe? Sou dit wees om hulle afhanklik te maak van jou? Verwag jy dat hulle dieselfde vir jou gaan doen? Word dit verwag van jou om te doen wat jy doen?

Is liefhê/omgee ‘n ruiltransaksie en is dit dan ‘n fair trade?

Hoekom is ons lief vir ‘n spesifieke persoon? Hoekom nie vir Jan, Piet of Koos nie; maar hunker ons hart na een spesiale mens?

 

The truth is we’re all a little bit broken. We must learn to love the broken pieces of ourselves—be gentle and empathetic with ourselves, and others.

 .
Menz ken nie al die antwoorde nie. Nie naastenby nie.
 .
Every action taken by human beings is based in love or fear, not simply those dealing with relationships. Decisions affecting business, industry, politics, religion, the education of your young, the social agenda of your nations, the economic goals of your society, choices involving war, peace, attack, defense, aggression, submission; determinations to covet or give away, to save or to share, to unite or to divide—every single free choice you ever undertake arises out of one of the only two possible thoughts there are: a thought of love or a thought of fear.
Fear is the energy which contracts, closes down, draws in, runs, hides, hoards, harms.
Love is the energy which expands, opens up, sends out, stays, reveals, shares, heals.
Fear wraps our bodies in clothing, love allows us to stand naked. Fear clings to and clutches all that we have, love gives all that we have away. Fear holds close, love holds dear. Fear grasps, love lets go. Fear rankles, love soothes. Fear attacks, love amends.
Every human thought, word, or deed is based in one emotion or the other. You have no
choice about this, because there is nothing else from which to choose. But you have free
choice about which of these to select.” Conversations with God book 1
.
Mens verstaan dat menz die produk van vorige ondervindings en geskiedenis en omstandighede en gene is. Dat menz somtyds minderwaardig voel en verstom staan dat ‘n awesome menz soos menzseMan vir menz lief is. Dat menz dalk dan dinge doen om daardie liefde te probeer waardig te wees – want dit kan tog nie net wees dat menz liefgehê word vir menz alleen nie? Kan dit?
.
Dat menz ten beste maar ‘n stukkende hopie mens is wat net aanvaar wil word en geag wil word en liefgehê wil word. Want menz. Kan menz selfwaarde hê net vir menz? Nie vir wat menz doen nie, maar vir wie menz is? (Menz se kop pyn nou erg en menz vermoed menz maak nie meer sin nie, maar dis ok).
.
Daarom storm menz elke dag in met hoop en moed. Hoop is immers die laaste wat groet. EN menz sal aanhou doen wat menz doen, want menz wil. Solank menz wil. Tot menz nie meer wil nie, dan sal menz so sê. Promise.
.
Sela.
Poerdez
Advertisements