Dink jy nie so nie? Menz weet menz is nog besig om te leer en te groei, maar menz dink dis NOU die regte tyd.

Jy weet mos die saak staan so: menz moet eet. En boek lees. En reis. En menz se werk meng hiermee in. Om te kan eet en boek te lees en reis het mens geld nodig. En om geld te kry, moet menz werk. *blegh*

Ook is menz ‘n gewer, ‘n helper, ‘n probleemoplosser en ‘n empath. Menz voel ander mense en diere se pyn en wil hulle help. Ook hiervoor het mens geld nodig.

Menz hou van eet en lees en reis. Maar menz hou nog meer van menzseMan. Menz wil menzseMan ook laat lees en reis en sy werk meng ook hiermee in.

Die enigste manier waarop menz menzsehande op baie geld kan lê, is met die Lotto. Daar is niemand naby wie menz wil hê kan maar doodgaan sodat menz kan erf nie. Daar is ook nie R35 miljoen rand in daardie erfporsie nie.

Nou, menz het nou so gedink: as menz dan nou vannaand se Powerball Lotto jackpot van R35 miljoen rand sou kon wen (met 1 gelukkige wenner (menz) en nie 10 ander nie), dan sou menz so baie kon doen.

Synde dat menz eers menzself moet help voordat menz ander mense kan help, sal menz dan nou nie meer vir ‘n baas werk nie sodat menz kan lees. En reis. En menz sou die finansiële vryheid kon hê om vir menzseMansebaas te kon sê dat hy nou maar sy mind games op iemand anders kan gaan uithaal. Sodat menzseMan saam met menz kan lees. En reis. En skep met sy hande wat hy so graag wil doen maar nie die tyd of die geld het nie. (Werk meng al weer in, sien!)

En menz sal vir die weduwees en die wesies in die skut sorg, menz belowe. Menz wil, maar menz kan ook net soveel. En mense help om hulleself te help, die wat wil hulp hê. Ag, en die ou kindertjies ….

Menz het gespeel en gequickpick. Menz is in it to win it.

Charlie, nou is die tyd. Ag toe man?

Poerdez

Advertisements