Is die volgende:

pet-the-sweaty-things-2

Menz luister Vrydag-aand na ‘n voornemende bruidspaar wat in November trou. Die bruidegom is heel kalm en rustig, maar die bruid is ‘n ander storie (dus het menz eintlik net na die bruid geluister, want sy is al een wat gepraat het).

Hy MOET haar die hele aand vashou in die bed, hy MOET happy wees met die troupak wat SY gekies het, hy MOET sus en hy MOET so en my MOET die en hy MOET daai …

Want sy is die bruid, sien, sy is die enigste belangrike persoon op daardie dag. Die bruidegom is bysaak.

Toe wou menz vir haar die woorde in die blokkie sê, maar menz het besef dat sy dit nie nou al sal verstaan nie. Dit kom met tyd.

Mens (en menz) leer wat regtig belangrik is en hoe en waar en wanneer om die sake wat bespreek MOET word, op te haal. Maar dit vat tyd. En baie skoolgeld.

Die oumense het nie verniet gesê “met grysheid kom wysheid” nie.

Fight the fight on the important stuff and leave the rest behind.

Poerdez

PS: oor die sweaty things post ons op ‘n ander dag …

Advertisements