… maak nie vir menz saak nie.

Jy kan maar gekreukelde klere dra, menz is te dankbaar jy’t klere aan!  😉 So lank dit nou nie weke se vuil nader getrek het nie, maar net vanmore se worsbroodjiesous op het, is menz fine met ‘n kol of twee.

Menz gee nie om watse voertuig jy ry nie, as dit jou van A na B bring is menz happy vir jou.

Menz gee nie om vir brand names op handsakke en beursies nie, as dit jou die gemak gee om beheer oor jou besittings te hou is menz baie happy vir jou.

Menz like van mense wat hulle shit together het.

Maar hoe dit lyk, pla menz nie in die minste nie.

Wie jy is en hoe jy dinge doen, is veel belangriker as hoe jy lyk en wat jy dra of ry. As jou oggend- en aandpraatjies ooreenstem staan jy reeds buite die Bell-kurwe van die normale populasie en is daar ‘n plekkie vir jou in menz se kring.

As jy by jou waardes staan en nie soos ‘n Ola roomys-bordjie saam met die wind swaai nie, kan jy maar gerus nader aan die binnekring staan.

As jy bo alles ‘n sin vir humor het en sarkasme kan verstaan en uitdeel, maak menz jou sommer amper naaste-aan-menz.

As jy nie by menzseMan aanlê, lieg of steel nie, trek menz jou sommer binne in die binnekring in.

In menz se binneste kring is tans twee siele. En nog twee wat daar hover. In die familiekring is ‘n paar uitgesoektes. Menz se waardes is uit marmer gekap en menz staan of val daarby. For better or worse, for right or wrong. Daai sal ons uitvind wanneer ons aanbeweeg.

Menz worry nie oor appearances nie. Dit is tog tydelik, dan nie?

Poerdez.

Advertisements