foto-op-fb

Hoekom die storie van die Ds wat gaan krieket kyk het op die VOORBLAD van die Beeld moet verskyn, verstaan menz nie. Menz is dan seker dom. Het daar niks anders in ons land gebeur wat nuuswaardig is nie?

Wat van die student wat klippe gegooi het wat onwettig in die land is en by sy hofverskyning verskoning wou maak want hy moet gaan toets skryf? Wat van die man wat in Pretoria deur Metropolisielede beroof is? Wat van die aardbewing in Oudtshoorn? Wat van die rooftog in Rosebank mall? Wat van die honde wat so gesteel word uit mense se erwe uit? Wat van die poetrolprys wat ALWEER opgaan? Wat van die vragmotor wat nie onder die brug kon deur nie? Die pa in Bloemfontein wat sy hele familie geskiet het?

Die reën wat al van gisteraand af in Gauteng val?

Vir almal wat so tekere gegaan het op Facebook en teen die Doom uitgevaar en veroordeel het:

not-amused

Menz se vinger was so baie kere reg om die knoppie te druk om die volgende aan al die vingerwysers te post, dat menzsevinger in spasma in gegaan het:

kak-persoonlikheid

en:

hitler-votzefok

Menz fok dan maar eerder hier op menzseblog rond met kommentaar en tantrums.

Poerdez

 

Advertisements