Op hierdie stadium in menz se lewe is daar min “opgewonde”. Daar is min happy.

excited

Menz se werk is *blegh*, menz se lotto winnings is *blegh*, menz het nie genoeg tyd om te lees nie *blegh*, die jaar is amper om *blegh*, ens.

Menz kry “opgewonde” by menzseMan – sy vat, sy stem, sy daarwees, sy oë. Die afwagting van vakansie of road trip.

Menz kry “lekker” in ‘n koue bier, lekker kos, ‘n snaakse oomblik, ‘n mooi foto, puppies.

Maar dis of daar nie spunk is nie. Is menz op ‘n afdraande pad? Is menz in ‘n groef? Is dit einde-van-die-jaar-down? Menz is nie die dans- en partytjie-tipe nie. Menz doen nie groepe mense nie. Menz is tans net *blegh*.

Wat maak jou opgewonde? Wat gee jou daardie tinkle wat deur jou lyf borrel? Wat gee jou spunk?

[edit]: Wat maak jou so opgewonde dat jy klink soos ‘n screaming queen? (Al is dit net in jou kop?)

Poerdez

Advertisements