Hier moet julle asseblief een en almal vandag help?

Menz het Saterdag ‘n onsuksesvolle regressie-hipnose-sessie gehad en menz het toe huiswerk gekry om te doen tot die volgende sessie. Van die redes hoekom dit nie suksesvol was nie, is omdat menz te veel vrae en onsekerhede het. En te angstig was. En menz se bewussyn (net soos menz) die ewige control freak is en nie beheer aan die onderbewussyn wou gee nie.

Die huiswerk is dan as volg:

hou ‘n dagboek met daaglikse inskrywings en beantwoord die volgende:

  • wie is jy?

Die terapeut hoop dat menz teen die einde van die volgende twee weke ‘n antwoord/antwoorde op die vraag sou kry en nie meer so onseker sal wees nie, oftewel vrede sal hê. Dan probeer ons weer.

Vraag:

is WIE jy is anders as WAT jy is?

bv: Menz is reguit.

Is dit WIE of WAT? Is daar ‘n verskil tussen WIE of WAT?

Menz is menz. Dis vir menz die antwoord van WIE IS JY. Ekke. EK. Myself. Menz.

Pas ongeduldig, lojaal, verantwoordelik, vuilbek by WIE of WAT?

Poerdez

 

 

Advertisements