… waarmee ons groot gemaak en gedreig is. En menz se kommentaar/gevoelens daaromtrent.

  • Daar is net een regte geloof en dis ons s’n.
    • Sê wie? Ons? Wat wie is?
  • God is jaloers en voorskriftelik.
    • Nee, die Almagtige/Enigste/Opperwese?Skepper is nie menslik nie en het dus nie menslike eienskappe nie.
  • Jy MOET Sondag kerk toe gaan en as jy twee keer kan gaan, sal jy meer heilig wees.
    • Issit? Uhm, nee.
  • Jy mag nie drink of dans nie. Ok, jy mag dans, maar jy mag dit nie geniet nie.
    • Skink nog ‘n doppie daar!
  • Seks is net vir voortplanting.
    • Arme julle, julle weet nie wat julle mis nie.
  • Dit is nodig dat jy gered moet word.
    • Ekskuus? Van wie?
  • Die Bybel is wet.
    • Uhm, en die Koran, die Torah, die ander?
  • Die duiwel sal jou kry/as jy stout is gaan jy hel toe.
    • Ons hel is hier op aarde.
  • Nie almal gaan hemel toe nie.
    • ALMAL gaan na dieselfde plek toe wanneer jou tyd hier op aarde verby is.
  • Jy MOET vir ‘n baas werk en elke maand jou tip by hom kry. Om risiko’s te neem en jou eie ding te doen is dom.
    • Foktog. Doen jou ding!
  • Jy sal dit nie kan doen nie.
    • Probeer. As dit nie werk nie, werk dit nie. Maar jy gaan nie weet as jy nie probeer het nie. En së nou dit werk?
  • Moenie ander dinge beproef nie.
    • Beproef alles!! (Menz wag juis op ‘n besending vitamin green tjoklits …)
  • Moenie buite die doos dink nie.
    • Klim uit die doos uit en dink verder as wat jou verbeelding jou toelaat!
  • Tattoos is van die bose.
    • Oe, wag, laat menz die volgende een beplan!
  • Die duiwel gaan jou kry!
    • Uhm, nee hy gaan nie! Die duiwel bestaan nie in menz se realiteit nie.

Daar is seker nog heelwat wat menz hier kan bysit, maar menz vermoed dis nou genoeg vir eers van menz se kant af.

Watter onwaarhede is by jou ingeprent wat jy nie vandag mee saamstem nie?

Poerdez

Advertisements