Die oomblik wat mens die besluit neem om nie meer deel te wees van iets nie, is mens nie meer ‘n slagoffer nie. Ook nie ‘n vrywilliger nie.

Daar is ‘n sêding wat lui: Nobody does anything they don’t want to do. Menz sukkel nog met hierdie een, want menz MOET werk om te eet en te kan lees en puppies te kan hê en te kan reis. Daarom, omdat menz hierdie en ander wil doen, MOET menz sekere dinge doen – ter wille van oorlewing en so. Dis in menz se wese om verantwoordelik te wees ook. Maar menz hoef nie vir alles en almal verantwoordelik te wees nie.

Maar menz hoef nie deel te wees van pity parties en familiekuiers en -krisisse en swartVrydagstormlope nie. Menz hoef nie toeskouer te wees as menzseMan vloermoere (en ander goed) gooi nie. Menz kan maar omdraai en wegloop as ander emosionele afpersing op menz probeer, menz kan blind en doof raak as oplossings vir probleme gevra is, gegee is en geignoreer is.

Dit het 40+ jaar gevat vir menz om hier te kom, maar menz is nie meer slagoffer of volunteer nie. Menz word nie meer geblackmail om te doen wat menz nie wil nie. Behalwe werk. Daai moet menz blykbaar.

As jy vrywillig staan vir houe/mishandeling/afpersing, kan jy nie agterna kla nie.

Sela.

Poerdez

*Robert Anthony

 

Advertisements