Van vroeg in menz en menseMan se verhouding, ly menzseMan aan stilstuipe en menz daaronder. Die lydingstydperk was aanvanklik twee weke (!) maar dit is stelselmatig verminder na 3 dae en die limiet deesdae is een dag.

Menz vat ‘n paar dinge in die lewe as persoonlik op. Vir menz is stilstuipe (teenoor menz) ‘n afjak, verstoting, uitsluiting, emosionele klap deur die gesig. Menz het geleer om dit beter te hanteer met die tyd – dis nie te sê menz hou daarvan nie, menz cope nou maar net daarmee.

Maar …

Verlede Vrydag tydens ‘n partytjie waar heelwat vloeibare verversings genuttig is, gesels die mense so rond en bont. Een vrou haak toe af en sê: “Stilstuipe? Asseblief tog, ja! Ek like van stilstuipe want dan kan ek doen wat EK wil. Ek kan lees of slaap nes ek lus kry. Sy stilstuipe faze my glad nie. Hy moet maar daaroor kom en beter word.

Nou wonder menz: het menz dit nog altyd verkeerd benader? Was menz veronderstel om ook menz se eie time out te vat en menz glad nie te steur aan menzseMan se dinge nie? Om (alhoewel menz nie hou van ‘n growwigheidjie in die normale omgang van menz en menzseMan nie) menz se eie chill out te doen tot menzself weer lus voel vir menzseMan?

En sê nou albei partye is ewe hardkoppig en weier om eerste toenadering te soek? Sê nou maar die partye raak so gewoond aan eie dinge doen dat dit meer gemaklik voel so? Dat dinge so maklik laat gaan word dat dit maar dieselfde is as alleen wees?

Scary thought.

Poerdez

 

Advertisements