… vir menzseMan is onbeskryflik.

tumblr_mtp78bna7r1qamkolo1_500

Menz het al soveel keer probeer om die omvang daarvan te beskryf, maar woorde faal menz. Die een konstante konsep wat wel voorkom, is ses voet diep. 😉

Daar is soveel woorde en gedagtes wat mens kan gebruik om menz en menzseMan se liefde en verhouding te beskryf:

onbegryplik, allesomvattend, humeurig, so diep soos die see, rottegif, so hoog soos die maan, absoluut, eerlik, antifreeze, voluit, gemaklik, vertroud, moord, reguit, humoristies, verskriklik, dapper, akuut, gedeeld, ordelik, paraat, reusagtig, hemels, skerp messe, sterk, verantwoordelik, redelik, stil, murgsag, ….

Menz en menzseMan glo nie aan skei nie, maar donker gedagtes het al beide van ons se gedagtes gekruis. Moord is mos nie skei nie. Altans dan, om selfmoord te pleeg deur jouself 48 keer in die rug met ‘n mes te steek, is mos nie moord nie. 😀

Liefde is.

Poerdez

PS: moet asseblief nie die sinode, die DBV of die kinderbeskermingseenheid op menz sit nie. Hierdie is net ‘n poging tot humor. MenzseMan is veilig. Doodveilig. 😀

Advertisements