dit is al weer daardie tyd van die jaar. Al WEER!!!! Waar hardloop die tyd heen? Menz probeer nog Kersfees 2013 se gewig afskud, nou is dit 3 jaar later en hier gaan ons AL WEER! 2016 was ‘n vinnige jaar en nie al te lekker nie. Dit was ‘n jaar gepak met stres en werk en stres en werk … menz dog nog menz hou NuweJaar 2016, nou is 2017 om die draai. *sug*

Die grappie wat menz elke jaar op Facebook sien van vet bank balans en maer lyf en moenie die twee weer omruil soos laas jaar nie, is nog steeds bo aan menz se lys. En dan wil menz tog die kans waag om soos ‘n deelnemer aan Mej Wêreld te klink en te vra vir vrede op aarde. Maar menz weet die kans op daai is fokkol onmoontlik. Met vlugtelinge en plaasmoorde en rassisme en rooftogte en afguns en haar en onreg, staan ons nie eintlik ‘n kans nie.

Menz wil tog vra vir elkeen vir persoonlike vrede en vreugde. Vir verligting van pyn in lyf en gees. Vir kinderlike opgewondenheid nie net oor hierdie tyd nie, maar in die klein dingetjies in ons lewens. ‘n Draairoomys vir elkeen vir soothing van seer – met of sonder ‘n flake of stroop of sprinkles – wat laaaaaaank hou. Vir koelte oor gees wat ongenadiglik deur die son van stres gebrand word, met ‘n windjie wat streel.

treexmas

En menz? Menz vra vir baie geld en baie meer geduld, meer liefde en vrede, ‘n gereelde draairoomys vir daardie soothing om oor menz ook te vou, vir tyd om te lees en baie boeke om te verorber, vir tevredenheid en geluk,  ‘n wasgoedmandjie wat homself organiseer en miskien een of twee van hierdie van Beetroot:

Maar veral die blou een …. blou streel menz se siel. Menz hou van blou.

krismis

Dis ‘n hartseer Kersfees hierdie jaar. Nie noodwendig oor iets groots gebeur het nie, maar dalk oor dit nie gebeur het nie. Ons sal maar verder daaraan werk.

En vir jou wat dalk hierdie lees: vrede, vreugde, liefde en geluk vir jou en mag al jou wense waar word. Nou en vir altyd.

Poerdez

Advertisements