… nuwe jaar, selle ou dinge. Of nie …

Miskien sal ons ‘n paar veranderings probeer; nie omdat dit ‘n nuwe jaar is nie, maar omdat dit tyd is.

Menz vermoed dat die feite van ‘n nuwe jaar en dat die ou jaar so vinnig verby geskiet het, menz herinner aan tyd … die tyd wat nog vir ons in hierdie lewe oor is, die tyd wat vermors of verwens word.

As menz na die einde van hierdie lewe rekenskap gee, wil menz tog nie die sleur en wroeg en trane en mismoedigheid sien nie. Menz sou graag die vreugde en liefde en vrede wou sien op die film van wat menz se lewe was.

Menz weet alles is nie maanskyn en rose nie; menz weet dat sonder die lig, donker geen betekenis sou hê nie. Sonder koud, warm. Sonder hartseer, so ook liefde.

Dit is nou tyd vir afspek en nuwe werk kry. Vir meer ontdekkings en reise.Vir meer van wat saak maak en minder van dit wat nie.

big-things

Hoop jy het ‘n fantastiese vooruitsig!

Poerdez

 

Advertisements