faking-it

Hoe sê die mense altyd? “Fake it till you make it.”

Menz en menzseMan is albei goed hiermee. Ons is onseker-mense. Onseker van onsself. Onseker van ander mense en hulle bedoelings. Onseker oor die lewe en wat ons eintlik hier maak.

MenzseMan ly aan analasis-paralysis … hy deurdink elke situasie uit elke moontlike rigting voor hy besluit oor die geskikste optrede vir die situasie waarin hy hom bevind. Menz moet nie verwag menzseMan gaan NOU besluit nie, hy’t tyd nodig om eers daaroor te dink. En te oorweeg – deel van die Libra wat daar sterk deurslaan.

Menz ook soms. Maar meestal dink menz teen die spoed van witlig en neem dadelik ‘n besluit – veral in ‘n krisis. En doen dan sommer ook. Menz sal na die tyd die gevolge hanteer soos dit kom – goed of sleg, maak nie saak nie. We’ll handle it.

Maar omdat menz sterk Libra is, is eenvoudige besluite onmoontlik om vas te pen. Gaan ons uit vannaand? Waar gaan ons heen? Waarvoor is jy lus? Wat gaan ons eet? Waar wil jy gaan vakansie hou? (Hierdie een is uiters moeilik – ons vrek oor die Kaap EN Namibië ewe veel). Partykeer doen menz en menzseMan dan  net mooi fokkol … want nie een van ons kan besluit nie. (O ja, en dan kan ons tog so bedagsaam wees …. menz wil eintlik soontoe, maar weet menzseMan hou nie daarvan nie/menzseMan wil eintlik hiernatoe, maar weet menz hou nie eintlik daarvan nie …).

En so loop (storm) ons verseker die wêreld in – faking it – terwyl ons eintlik net die onvermydelike probeer verby kry waar ons gaan opfok sodat ons by die gevolge kan kom wat ons moet hanteer/regmaak/begrawe.

*sug*

Wat maak ons hier?

Poerdez

Advertisements