Miskien is hierdie te diep en vreemd vir ‘n Vrydag, maar menz is baie opgewonde oor hierdie nuwe ontdekking.

Menz loop gister die naam Dolores Cannon op FB raak … sy word gesien in dieselfde lig as Michael Newton en Brian Weiss (albei regressie-hipnoterapeute).

Wat menz trek na Dolores toe, is die feit dat sy nie net ‘n gewone regressie-sessie doen vir die kliënt se ondervinding nie, maar dit gebruik as ‘n terapie-sessie om probleme aan te spreek. Sy noem dit QHHT – Quantum Healing Hypnosis Technique. Daar is baie video’s op Youtube waarin Dolores haar boeke en ondervindings bespreek.

In hierdie video van Julia Cannon (Dolores se dogter) getiteld “Soul Speak the language of your body”, praat sy oor verskillende siektes en wat die boodskap is wat hulle oordra. Hulle sien siektes en pyne as boodskappe van “the Powers that be” oor issues wat ons moet oplos of dinge wat ons moet doen/ophou doen. EN hoe langer jy die “boodskap” ignoreer, hoe erger gaan die pyn/siekte word.

Menz het so vinnig neergeskryf wat aan die einde van die video genoem word, maar kyk maar vir jouself:

  • pyne aan die linkerkant van jou lyf = issues from past lives
  • pyne aan die regterkant van jou lyf = issues from now
  • kanker = unresolved anger
  • mondsiektes = because you don’t speak your truth
  • diabetes = lack of joy or love in your life (sugar)
  • heart issues = lack of love
  • shoulders (sore or spasms) = you carry too much, your burden is too heavy
  • Alzheimers = the person is leaving a little bit at a time to give you time to get used to the idea of them not being there anymore

Sjoe, heavy dinkwerk hier betrokke.

So, iemand wat Alzheimers kry het eintlik al gegroet; maar om die afskeid vir ANDER mense makliker te maak, neem hulle stadig afskeid. Bietjie vir bietjie. Dus is dit glad nie vir die Alzheimer-lyer ‘n lyding nie, dis agv compassion met die mense wat agterbly? Menz vermoed dis net verligte siele wat so iets sal deurstaan. Menz moet nog nietjie oor hierdie ene dink.

Hierdie is van Dolores se website af:

healing

Dolores het ook bevestig dat daar nie ‘n hel bestaan waarheen jy gaan as jy dood gaan nie, dis deur die kerk geskep om mense mee te beheer. Hierdie is ook bevestig deur Neale Donald Walsch in sy “Conversations with God” reeks. En Sylvia Browne. “Earth is hell – this is where people hurt each other.”

Daar is ook nie retribution/vergelding nie – jy word nie gestraf vir jou dade nie. Jy herleef/review net jou lewe wanneer jy “daar” kom (waar/wat daar ookal mag wees) en beleef dan alles wat jy gedoen en gesê het uit jou oogpunt EN die ander persoon s’n wie se lewe jy geraak het. So jy beleef hulle liefde, geluk, seer, hartseer, pyn, vreugde – hang alles af van wat jy veroorsaak het.

Hoe meer menz verken en hoor en ervaar, hoe meer besef menz dat menz nog eintlik niks weet nie. EN hoe meer wil menz weet. En hoe meer word menz se vrae …

Poerdez