Menz se oupa was ‘n melkman … onder andere. Alhoewel hy in sy lewe baie ander beroepe gehad het, was die een wat hy die langste (en laaste) gedoen het, melkery-fabrieksbestuurder. Melkman. Melk.

Menz hou van melk, in alle vorme. Melk, melkskommel, roomys, joghurt, gevriese joghurt, kaas. ALLES.

Menz sukkel ook om gewig te verloor. Menz sukkel om weg te bly van suiwel af? Sien julle ook die konneksie?

Nou sê die slim mense hier dat mens so min as moontlik suiwel moet in neem as mens sukkel om gewig te verloor:

melk

*sug* AFT!

Menz gaan vat sommer ‘n hap botter uit die naaste blok uit. Suiwel is in menz se gene, dan nie. Menz like van suiwel. Baie!

Dies hoekom hulle sê dat alles wat lekker is, vet maak. Never mind die suiker (mens het ‘n soet tand) en die stysels (comfort food). Suiwel ook.

*blegh*

Poerdez

Advertisements