Menz probeer afspek (soos die Man met die Hoed sal sê). Nie sommer hieroor of daaroor nie, maar hoofsaaklik vir gesondheid en beter lyk en klere koop.

carbs

Menz se idee is om alle verfynde stysels en suikers uit te sny vir so lank menz kan. Maar, om die proses aan die gang te hou, eet menz een keer per week (op ‘n Maandag-aand) ‘n cheat meal as beloning. Want oor die 25+ jaar wat menz hierdie massa opgetel het, gaan dit nie in 6 maande verdwyn nie. So, as menz 95% van die tyd reg eet, pla die een cheat meal wat 5% opmaak, nie. En carbs is nog steeds vrek lekker!

Menz het oor 3.5 weke reeds 5 kg af gegooi. Dis slegs 8.5% van die doelwit. Stadig maar seker … En menzseMan se suikerlesings is vir die eerste keer in maande onder 10 – ten spyte van al die stres! (Al het menzseMan gisteraand ‘n tube Smarties verower en eergister het ‘n baie ongelukkige jaffle menzseMan se val gekeer … 😉 )

Dis nogal fun om die weeklikse cheat meals te beplan. Menz droom al van verlede Dinsdag af oor vars wit brood. Vars wit brood met bacon …. bacon makes everything better! So het menz se bord gelyk Maandag van hierdie week: 2 snye wit brood met bacon, 4 pannekoeke, 1 jaffle, 1 Kit Kat en ‘n groot glas Sprite.

Van bogenoemde het Menz het net ‘n halwe bacon broodjie, 2 pannekoeke, ‘n 4 vinger Kit Kat en ‘n glas Sprite genuttig. EN menz was vol! En menz het hoofpyn gehad. Carb flu, she’s a bitch!

Menz en menzseMan droom kwylend van comfort food soos macaroni & cheese, pizza, vetkoek, ens. Al daai wat ons gebring het waar ons vandag is. Waaraan ons verslaaf was – luister na die dokter hieronder. As mens carbs eet, veroorsaak dit ‘n craving vir nog en nog en nog; dis ‘n bose kringloop. Obesity is a disease, dis ‘n verslawing. En dis true. Njannies.

Dus loop menz wye draaie om die donuts by die werk, vars wit brood en pizza winkels. Vir 95% van die tyd. En eet so lekker as menz kan vir die ander 5%.

Hierdie Maandag moet daar roomys op die menu wees …

Poerdez

PS: menz verloor altyd eerste gewig in menz se boobs, so hulle is nou 2.5 kg elk ligter …. kon dit nie maar van die heupe verdwyn het nie? 😕

Advertisements