Ja, menz weet dis nie die regte spelling nie, maar menz wil nie graag van rassisme aangekla word nie.

Gister was warm. Lomerigheid oorval menz op die Lazyboy en menz beweeg toe bed se kant toe vir ‘n lekker middagslapie. Maar dis te warm en menz kry nie geslaap nie. Staan toe maar op en sweet menzself toe (voor die waaier) vas in die Lazyboy.

Die honde begin blaf straat se kant toe. Erg. Daar moet mensze in hulle straat wees wat nie daar hoort nie. Maar hulle hou nie op blaf nie. Selfs nie na ‘n “haai!” en “stopit!” van die stoel se kant af nie. (Nee, dis nie hulle name nie, maar dit werk gewoonlik”).

Teen hierdie tyd is menz toe al lekker opgewerk. Sweet, warm, moeg en bedonnerd. Trek menzself toe uit die stoel met so ‘n suiggeluid en loer by die venster uit. Twee groepe kinders aan die oorkant van die pad. Groep A bestaan uit ‘n ouerige laerskooldogter en haar klein boetie. Groep B bestaan uit 5 of 6 jongerige laerskoolkinders waarvan een bietjie ouer as die res is.

Menz weet nie hoe die geskil ontstaan het nie, wie wat aan wie gedoen het nie, maar teen die tyd wat menz toe kyk is die sirkus al aan die gang. Groep B is sterk besig om groep A te intimideer en met klippe te gooi. Die twee van groep A retireer, verdedig en probeer pad gee. Een van die dogters in groep B gee toe vir die groter laaitie in haar eie groep ‘n stok aan. Aanhitsend. Fok!

Dis toe dat hierdie antie by die deur uithang en soos ‘n spiritsmyt vir hulle skreeu: “Hey!! Fokof huis toe!!“. En die deur toe bliksem. Moer! Die kinders hol toe dat die stof so staan. En die hele woonbuurt het gehoor, en hopelik huis toe gefokof.

En dis hier waar menz besef het dat mens nie die fight of die massahisterie uit ‘n Afrikaan kan opvoed nie. As beide die groepe blank was, sou daar appels geswaai gewees het en die woorde “jou ma se harre” sou opgeklink het. As beide groepe Afrikane was, sou daar meer klipgooi gewees het en iemand het dalk ‘n buiteband en die biblioteek gebrand.

Maar dit was twee teenoorgestelde nasionaliteite. En dadelik was die rassisme-prentjie duidelik gekoppel en gewortel en in klip gebou. Hierdie twee groepe is in dieselfde skool in dieselfde woonbuurt.

Afrika is nie vir sissies nie.

Hopeless.

Poerdez

 

Advertisements