Jy weet mos hoe Youtube werk? Menz soek gou ‘n liedjie wat menz oor die radio gehoor het, van daar volg menz ‘n skakel na “funny puppy” video’s en dan na hoe om versiersuikerrose te maak en “life hacks” en drie dae later skrik menz daar wakker met die sleutelbord wat met spoeg geplak aan menz se wang vas sit.

Menz begin by die voorlees van die onderhoud met die Rosswell Alien en sien aan die regterkant die voer van ander videos. “Who do you think you are”. Nê! Die Britse reeks het al in 2004 begin en loop op die spoor van genealogie (stamboom) van beroemde mense. Die Britse reeks (daar is ook ‘n VSA reeks) trek al by reeks 13 (2016/2017).

Onder andere is episodes gedoen oor:

Jeremy Clarkson (S1E4)

Stephen Fry (S2E3)

Nigella Lawson (S3E6)

Jeremy Irons (S3E7) ens.

Menz kyk op hierdie oomblik die episode oor/met Sir Ian McKellen.

Interesting stuff. Menz het nog nie regtig belang gestel in menz se oorsprong nie. Menz is meer bekommerd oor waar menz heen oppad is as waar menz vandaan kom. Menz is mos reeds hier, dan nie? Gedane sake het geen keer nie.

Poerdez

 

Advertisements