If a tree falls in a forest and no one is around to hear it, does it make a sound?” is a philosophical thought experiment that raises questions regarding observation and knowledge of reality.

Of soos Die Man met die Hoed comment hier: “Om te kan wegraak insinueer dat jy teenwoordig was/is. Dit voel nie vir my asof dit ooit die geval was nie, so tegnies kan ek nie wegraak nie…want ek was nooit daar/hier nie.”

So hier is menz se weergawe soos gister gevra by Net Ek:

“Om te voel (of te leef) asof jy nie hier is nie omdat jy nog nooit gevoel het dat jy hier was nie, is hel vir die mense om jou. Ja, ja, dis hel vir jou self ook. Maar dis nag vir die mense om jou wat wil voel dat hulle behoort. Dat hulle is. Dat hulle vir jou IS. En jy vir hulle.

Dus as jy nie hier is nie, is hulle ook nie? Want 0 * 1 = 0?”

Verskoon tog die herhaling, menz is besig om ‘n moerse eksistensiële nagmerrie te stoei en moet analysis paralysis om die somme te maak klop. Of te besef dis hopeless, die som klop nie en daar is niks na hierdie nie.

Wat is dan nodig om jou te ground? Om jou te maak voel jy IS en behoort hier?  Wat gee JOU die gevoel van belonging? Wat maak jou voel jy is/was NIE hier nie?

En as jy dan voel jy is nie hier nie, wat maak dit van die mense wat lief is vir jou? Wat omgee? Die mense waarmee jy nie kan kommunikeer nie? Die mense met wie jy nie kan click en praat nie? Nie kan deel nie? Nie jou woorde kan gebruik nie? Is hulle real of net background people in jou storie? Het hulle waarde? Het hulle SELF?

Help menz asseblief, menz verstaan nie?

Poerdez

 

 

 

Advertisements