Sleutelwoorde

, , ,

 

… is menzseMan. Alhoewel hy vlot in grunting en hmmming is, glo hy vas hy is geissue met die limiet van 300 woorde. Menz kon nog nie vasstel of dit 300 woorde per gesprek of per dag of per maand is nie. Somtyds voel dit asof dit ‘n jaarlikse limiet is.

Menz lei maar af dat dit per dag moet wees. As menzseMan ‘n besonder besige dag op die foon met kliënte gehad het, is die 300 woord limiet teen tjailatyd laaaaankal behaal. Dus ontvang menz die gebruiklike ‘hmm’ en ‘hmm-hmm’ en ‘grrrr’ en so aan in antwoord op vrae (dis blykbaar net klanke en nie woorde nie en tel dus nie op na die daaglikse totaal nie).

Daarby saam is menzseMan ‘n mompeller. Hy brom, veral so onderlangs as ek moet hoor hy praat maar nie die woorde mag uitmaak nie. Anders is hy mos weer in die poefies, dink hy. So, hy mompel opsetlik binne hoorafstand, maar nie te naby nie. Sodat menz moet weet hy is nie happy nie, maar verstaan dat ‘n verduideliking homself nie gaan sigbaar maak nie.

Wanneer menzseMan se woorde die dag opgebruik is EN hy mompel, dan het menz nie ‘n clue wat gesê of bedoel word nie. Dan maak menz maar menz se eie storie op na gelang van omstandighede. Menz het menzseMan dus ook so gewaarsku. Maar luister is min. Wanneer menzseMan per geleentheid in grotspeak verval en menz die dag per abuis bietjie dower as gewoonlik is, is dit chaos.

MenzseMan kry dan òf ‘n broodjie òf nie, òf koffie òf koeldrank òf water, òf ‘n worsbroodjie òf ‘n jaffle. Onafhanklik van wat sy keuse was. Of ons gaan braai òf ons gaan nie. Of ons gaan slaap òf ons gaan nie.

‘n Soliede JA of NEE of WHATEVER sal dalk beter doen. Maar as die limiet bereik is, wat dan? Sign language? Ons het daai ook al gebruik, maar net die basiese twee (middelvinger = fuck you en middelvinger op die neus = fuck knows) wat ons ken. Dit werk ook nie altyd so goed nie, stemtoon is ‘n belangrike aanduider van bui of bedoeling. En meestal meer van ‘n aanduiding van stemming as dit wat gesê word.

Menz en menzseMan trap versigtig tydens tye van volmaan, menses, sonsverduisterings en so.

Somtyds gaan dit baie goed en daar is ekstra woorde vir menz oor as menz by die huis kom. Daar is veral meer woorde as menz en menzseMan die langpad vat. Maar soms, soms het ons amper wat grens aan gangseks. En dis ook ok. Dis nie fokken fantasties nie, maar dis ok.

 

“You’ll be okay
You’ll be okay
The sun will rise
To better days

And change will come
It’s on it’s way
Just close your eyes
And let it rain

‘Cause you’re never alone
And I will always be there
You just carry on
You will understand

You’ll be okay
You’ll be okay
Just look inside
You know the way

Let it go
Fly away
And say goodbye
To yesterday

‘Cause you’re never alone
And I will always be there
You just carry on
You will understand

And I will be strong
When love is gone
And I’ll carry on…

You’ll be okay
You’ll be okay
The sun will rise
To better days

You’ll be okay
You’ll be okay
Just close your eyes
And let it rain

When you need it the most
And all you’ve got is a prayer
You must carry on
You will understand
You will understand
You will understand

You’ll be okay
You’ll be okay
You’ll be okay.”

We’ll make it. We’ll be ok. Woorde of not.

Poerdez

Advertisements