Sleutelwoorde

… of selaris soos die mense op Facebook praat …

Daar is eintlik net twee dinge wat belangrik is op so ‘n stukkie papier: hoeveel geld word in jou bank inbetaal en hoeveel dae verlof het jy om te gebruik.

‘n Salaris is mos eintlik ‘n baie vloeibare ding … dit vloei in jou bankrekening in en gewoonlik dieselfde dag nog uit. 😀

Nou lees die mense elke dag die koerant en luister wat die mense oor die radio sê. En die Keiser verkondig dat minimum loon vir huiswerkers in area A soveel is en in area B soveel en vir minder as 27 uur per week soveel en vir meer as 27 uur per week soveel is. En die mens wil uitwerk hoe vergelyk dit met sy/haar eie salaris (en wonder of hy/sy nie ‘n skuif moet maak nie).

Maar hoe maak ons die som? Hê?

Daar is 21.67 werksdae per maand vir iemand wat net 5 dae per week werk. Salaris gedeel deur 21.67 = betaling per dag voor aftrekkings.

Hoe kom ons by 21.67?

52 weke in ‘n jaar maal 5 dae per week = 260 werksdae per jaar gedeel deur 12 maande = 21.67 werksdae per maand.

Sien? Easypeasylemonsqueezy.

Somme vir die dag gedoen.

Poerdez

 

 

Advertisements