Sleutelwoorde

, ,

Menz is ‘n ongelooflike maklike emosionele teiken … maar nie in die sin wat adverteerders dit bedoel nie. Menz val nogal vir skerp en snaakse advertensies, veral die met ‘n catchy jingle. Soos die pizzaplek met die “eat sommore” jingle.

Maar dit maak menz nie uit die huis uit hol om te gaan koop nie, die maatskappy se bemarkingsmaatskappy (wie hulle ookal is) se score klim dan met ‘n paar punte.

Maar advertensies wat op jou gevoelens probeer speel om jou te maak koop of ondersteun, laat menz soos ‘n steeks donkie vassteek en draaie om so ‘n groep se winkels loop. Wat seksisties is, of ou mense/kinders/diere gebruik om op daardie laaste trillende hartsnaar te wil tokkel om jou van jou geldjies te verlos? Foknee. Aikona. Nie hierdie koekie nie. Maar dink jy nou menz kan op hierdie oomblik aan enige van hierdie advertensies dink om as voorbeeld te gebruik? Fokweet. Nee. Menz sal kom update sodra menz onthou.

En so word catchphrases of teikenwoorde wat gebruik word in advertensies ook deel van alledaagse gesprekke: “tougherer” ala Toyota. Maar net die gebruik van die woord, nie die verbintenis met die produk nie.

Punt is: menz koop makliker minder as gevolg van advertensies, as meer.

Sela.

Poerdez