Sleutelwoorde

, , ,

karel

Menz het nie geweet wie Karel Schoeman was nie. Menz het al sy naam gehoor, maar dis ook maar al. Sy selfgemaakte-exit uit hierdie wêreld uit is tans groot nuus. En die debatte en meningsverskille daarom amper nog groter.

““’n Poging op 75 is deur omstandighede gefnuik, en intussen het ek 77 geword. Dit is dus nodig om die saak nou doelgerig aan te pak terwyl ek nog oor voldoende beweeglikheid, fisieke vryheid en geestelike helderheid beskik om ’n sinvolle besluit in dié verband te neem en dit doeltreffend uit te voer,” skryf hy.” Lees hier meer.

Dit is wat Terry Pratchett ook beplan het toe sy Alzheimer’s erger begin word het. Hy het egter die stryd verloor voor die tyd. Hy het beplan om Dignitas in Switzerland te besoek vir sy einde.

Dit vat staalballas om so ‘n besluit te neem en deur te voer. Menzself wil nie so oud word dat menz ‘n las vir die mense om menz word nie. Al is die las net op die ouetehuispersoneel – synde dat menz nie kind of kraai het nie. Menz beplan om self die exit te maak as daar nie uitkoms voor die tyd kom nie.

Give that man a Bells!! Sommer ‘n dubbele!

Poerdez