Sleutelwoorde

, , , ,

Imagine:

jy en jou vrou gaan op ‘n 18 dag 5 lande toer. En op dag 14 word sy siek. Nie sommer enige siekte nie, Central nervous system vasculitis.

“Dit is ‘n inflammasie van die brein wat al die klein aartjies in die brein toedruk . Die groot are is oop. Dit het vinnig versprei en reeds die grootste deel van haar brein aangetas. Dit kan net met groot hoeveelhede kortisoon en ander anti-inflamatoriese middels beveg word. Hulle dit doen nou, maar die prognose is nie goed nie. Haar lewe hang aan ‘n draadjie en die kans op ‘n sinvolle lewe aan nog ‘n dunner draadjie.”

En vier dae later moet jy vra:

einde

Want daar is nie meer hoop nie. Daar is nie meer kans om herstel nie. Dis oor, dis nog net die slottoneel wat moet afspeel. En jy moet vra vir krag en die einde tegelykertyd. Want om die lyding verlig te sien en afskeid te neem, is veel makliker as om jou geliefde te sien ly.

Want so is die liefde.

Hopelik hoef niemand van ons hierdie lyding deur te struggle nie. Hopelik hoef niemand van ons te sit en wag by ‘n bed dag na nag na dag na nag nie.

Hopelik kom die einde gou, is al wat ek kan dink. Vir hom en haar. Want die dood is nie finaal nie, dis net vir nou. Maar die seer bly tot jou dood. En die seer is fokken baie pyn. BAIE.

Shit.

Poerdez

Advertisements