… ja, ek weet daar is al hoeveel tributes geskryf, maar vergun my tog die onthou.

My eerste kennismaak met oom PG was op Spies en Plessie.

spies-en-plessis-1

Daar het ek reeds gehou van die oom met die pens wat so lekker kon lag. So uit sy spens uit. So dat die lag uit sy oë rol en hy moes sakdoek uithaal.

‘n Oom wat sy plaas naby Rysmierbult Sémoér kon noem, moes ‘n besonderse mens gewees het, volgens my. Kooperasiestories was vol fyn humor en spot, meestal met die Afrikaner maar nog steeds.

Nog ‘n Seder het geval … nou wel nie in Waterkloof nie, maar in ons wêreld.

Poerdez

Advertisements