Menz het nou so gedink: wanneer menz dan nou sou wegval of die tydelike met die ewige verwissel, moet menz dan tog nou maar probeer om vooraf ‘n reeling of twee te tref sodat daar goed na menzseMan gekyk sal word. Met die wat menz nou nie meer daar is om die bederfies te doen nie, sien? Nou het menz al laaaankal ‘n oog begin gooi oor moontlike opvolgers vir die posisie, maar menz dink dat menz effens hoër sal moet mik as tussen die banale middelklas-dames wat tog al te gereed sit om ‘n arme wewenaar te bespring sodra sy eggenote deur die vuur is. Menz vermoed daar is ‘n paar wat nie sal huiwer om die nog-warm-as uit die pad te blaas of te Hoover om by menzseMan uit te kom nie.

Menz het oplaas iemand ontdek wat in hierdie rol sal pas.

Fok. Sy’s mooi, sy’s slim en sy’s snaaks. Sy’s sexy en dreamy en …. Vrou.

So het menz dan besluit om vir haar ‘n uitnodiging te stuur. Vanselfsprekend in Engels (sy sal Afrikaans en Grotman moet aanleer vir die rol) synde dat sy oor die groot waters bly, maar overgesetsynde en desnieteenstaande dink menz dat sy goed by menzseMan sal pas. Hou in gedagte dat menz net Engels pleeg uit selfverdediging …

Menz sal die brief plaas sodra menz klaar daar deur geworstel het.

Die begin lyk so:

Deer xx xxx,

I hope all is well wif you, here we is well toe. Eksept for the fires birning in Knysna and the big drôt in the Westirn Cape. I houp this letter faainds you in taaim.

Poerdez

*PS: Menz het google translate probeer om die Afrikaans in Engels te kry, maar al resultate wat daar uit kom is ‘n koeksisterresep op die maat van die Blue Danube

Advertisements