• Wat is die nut van hoesstroop vir volwassenes sonder alkohol of suiker? Menz voel hoe meer alkohol, hoe lekker gaan menz slaap, hoe gouer gaan menz gesond word.
  • Die eerste 5 sekondes van water uit die warmkraan in die stort is koud genoeg om die laaste bietjie asem wat menz nog nie uitgehoes het nie, weg te slaan. Nie eers die Noordpool kan so koud wees soos daardie water @ 4:30 in die oggend nie.
  • Sê nou maar piesangs was gevul met gekookte kondensmelk …. njammies!!
  • Menz het gedroom menz kry ‘n boodskap op die foon dat ‘n tannie in die Kaap @ 21h00 gisteraand oorlede is. Menz het 1ste ding vanmore die foon gecheck. Nadat menz die reisreëlings in menz se kop probeer finaliseer het. Dit was toe net ‘n droom.
  • Menz dink dat mense wat video’s aanstuur waarin iets gebeur sodat jy daarop moet konsentreer en DAN spring daar ‘n gedrog uit en skree vir vale hel, moet voor die vuurpeleton staan gemaak word. Dit is nie fokken snaaks nie. Dit veroorsaak dun nerwe en vlieënde fone, wat nie goed vir die foon of die eienaar is nie.
  • Dit is moontlik om ‘n stuk van jou long te verloor terwyl jy hoes. Altans, dit voel so.
  • Dit is ook aan te beveel om te sit as jy hoes – veral as jy so ‘n effense blaasontsteking of gietergat ook het.
  • Nee, jou brein sal nie deur jou skedel bars as jy hoes nie, al voel dit asof hy sy bes doen om daardie roete vir ontsnapping te gebruik.
  • Om siek te wees en nie in die bed te kan bly nie, is kak.

Dis so vêr al vir vandag want die panadostroop was pediatries, dus sonder suiker of alkohol, maar die Vicks Medinite was nie …. 😀

Poerdez