So is menz nie lus vir werk vandag nie, en mens scroll so deur Facebook. En hoe verder menz scroll, hoe meer trek menzseskouers menzsekop tussen menzseblaaie in. Ten spyte van die Urbanol wat menz deesdae drink. Sosiale vermyding noem die sielkundige dit onder andere. “Jy wantrou mense vreeslik“, was nog ‘n kommentaar uit die groot bruin stoel. “Jy het ‘n uiterste siniese blik op die lewe“. Uhm. Ja.

Ja, en?

Verkwalik jy menz met dit wat daar buite menzsedeure aan gaan?

Sowat van kla en mor en gefok wees op een bladsy is genoeg om menz die naaste plakaat en verf te gaan soek en op die hoek te gaan staan – op wag vir die naaste vernietigende meteoriet wat dalk hier verby gaan vlieg. Met ‘n plakaat wat sê: “The end is naai.” Of “Ons is reeds goed gefok, kom maar nou.”

Heiligewiteland. Holymotherfuckerofahairbrush.

As dit nie kla oor aankope wat nie afgelewer is nie, is dit oor kinders/vet/stink medepassasiers op ‘n vlug. Of Sannie wat Petra se foto’s van HAAR handgemaakte produkte as Sannie se eie produkte wil afmaak en verkoop. En 60 000 adds vir koffie of pille wat maer maak. Of werkvandiehuisafkak. Of klere vir die groter vrou/man … tot in ‘n XL!!! ‘n Fokken XL vir die “grooter” man/vrou??? En breuk en deer en heiliges wat RSG wil monopoliseer sonder om enige ander se idees ‘n kans te gee. En clickbait en snot en kak en hare. EN vel-en-been-honde en verkragtes en dooies en ….

Dan praat ons nog nie van die koerant en die TV nie …

Dis nou genoeg.

Fokweet. So kan dit nie aan gaan nie. Hoe siek wil ons word? Hoeveel erger wil ons nog? Wie gaan halt roep en wie gaan luister?

Menz halt hier.

Full stop.

Poerdez

 

Advertisements