… vir menz om iets te doen. Vermoed menz. Sterk.

Groot is nog ok(erig), maar flabby en hanging en waving (van die basaarantie-arms) is grusaam.

En ure voor die rekenaar in menz se poging om ‘n lewe te maak, maak menz swak. Dit steel krag uit hande en arms en lyf en gemoed. Dit maak menz moer unfit en moeg en flubbery.

EN as menz dit nie nou doen nie, dan gaan menz dit nooit doen nie. Menz is moeg van dik en jiggly en sagging. Eintlik meer gatvol vir die flab as die grootte.

So menz is besig met ‘n plan. Om weer sterk te word. Om dalkies sleeveless te kan dra. Om dalk hier en daar ‘n spierbultjie in plaas van ‘n rol te wys. Om af te kan buk om menz se skoene vas te maak ipv om menz se skoene nader aan menz se hande te bring.

Verstaan mooi, menz is nie die gymbunny-tipe nie. Menz doen nie openbare optredes met rooi gesig en sweet tussen 6 000 ander -2 sizes nie. Menz like nie van die olifant in die kamer te wees nie. VERAL, doen menz nie tiertert-leotards nie.

Maar menz gaan ‘n poging aanwend om meer te strut as te jingle. As menz nie van die hondsdol-perd afgebliksem word op die 1ste dag nie. EN as menz enigsins kan beweeg na die 2de dag … meer as net moan en groan sonder dat menz nog eers ‘n poging tot beweging probeer maak het …

To be continued ….

Poerdez

Advertisements