Gister stap menz by die wellness plek in om die aansluiting by die pynpaleis te bespreek … en word summier so skeef aangekyk deur twee -2 grootte dames wat wag vir hulle masserings. Menz dink toe so stilweg dat die dames bly kan wees dat vet nie aansteeklik of oordraagbaar is nie, anders het menz net daar ‘n plan gemaak. Wat dus die hele besigheid net daar sal afhandel … 😀

Op menz se bespreking met die persoonlike afrigter (wat R200 per uur betaal sal word vir persoonlike aandag) dat menz nie ure aan cardio wil spandeer nie, maar dat menz spier en krag wil bou, is die antwoord: ” … ek het al gehoor dat mense dit so doen, maar om ‘n program te moet uitwerk sal ekstra kos. Hoekom sluit jy nie eerder aan by ons 12 week uitdaging nie?”

Gelukkig het menz die antwoord op daardie vraag eerder in stilte vir menzself geantwoord. “Vir R3500 kry menz net 12 weke se lidmaatskap (wat 12 gewone maande sou cover), 1 persoonlike oefensessie, 1 limfdreinering, 6 Skype Life Coaching sessies deur ‘n Professionele Life Coach (kots) en 6 Snap Shots wat jou beendigtheid en vet% uitbasuin.” – Vir R1800 kan menz  12 weke se lidmaatskap en 6 Snap Shot depressie-sessies betaal. Menz dink in elk geval dat om so gereeld aan menz se vet% herinner te word, baie sleg is vir die psige (menz het ‘n fokken spieël, ok).

Dus, fok die -2’ers wat menz so skeef aangluur, hulle sal een van die dae reg deur ‘n muur gebliksem kan word. Menz wou nog altyd soos Bud Spencer kon moer slaan …. dis ook die rede hoekom menz teen 5:30 gaan inklok van Maandag af, om die res van die samelewing die absolute horror te spaar om menz blasend en kruppel en rooigesig te beleef …

Fok ook dus die persoonlike afrigter, menz kan Google …. tot menz iemand raak loop wat sou belangstel om te help (teen ‘n geldjie natuurlik) …

Poerdez