… in jou eie lies te probeer plak nie. Veral nie as jy ‘n spens het nie!

Ons ken almal die ou storie: die man moet ‘n pleister op sy boud plak, maar hy kan nie vêr genoeg twist om by te kom nie. Toe kry hy die blink gedagte om voor die spieël te buk en tussen sy bene deur te kyk waar die pleister moet kom en so die probleem op te los. Maar vir elke pleister wat hy plak, kan hy al hoe minder pleister op sy boud voel. As hy onderstebo in die spieël kyk, sit daar al 6 pleisters; maar as hy voel, is daar niks. Dis toe eers toe hy regop kom en na die spieël kyk, wat hy die probleem sien: al die pleisters sit teen die spieël!

Nou. as jy meer as net effens duidelik gepleister is, kan jy nie jou eie lies sien nie. Nie eers met ‘n handspieël nie want jy’t nie genoeg hande om die spieël vas te hou EN jou spensvelle uit die pad uit te trek nie. Swaartekrag speel hier ook ‘n rol, veral as jy vroulik is en nog nie jou slingervel aangetrek het nie.

As jy op jou rug op die bed lê en soos ‘n akrobaat jou bene (met tone gepunt) reguit oplig en dan soos die rooi see voor Moses uit, jou bene split, gaan jy mos genoeg spasie hê om te kan werk – al is dit op gevoel alleen. Die wet van gelykheid beteken dat die air bubble van jou spens altyd bo gaan wees (al lê jy op jou maag), so mens kan OM hom werk. Maar as jy nog nie bolangs die nodigste aan het nie en effens meer geseën is as die normale vrou, gaan jy sukkel – veral as jou bolyf eens afdraande lê na jou kop se kant toe.

As jy jou arms na mekaar toe bring, dreig die boobs om jou te versmoor deur op jou keel te gaan lê. As jy jou arms oop maak is jy onmiddelik doof want die puppies lê oor jou ore. Nogals handig te pas in die winter, maar nie regtig prakties as jy in die middel van ‘n hittegolf noodhulp op jouself probeer toepas nie. Trek maar eerder die slingervel aan in sulke omstandighede voor jy begin. Maak tog seker dis ‘n double-cross-your-heart wat nuwerige rek in het, anders is dit nodeloos.

Toe die krampe in jou bene en heupe laat los het en jy jou asem terug gekry het, begin jy rond kyk vir dinge om ‘n plan te maak, jy is mos ‘n strategiese denker and all and all. Dan vang jou oog die spieël teen die muur en bogenoemde storie pop in jou gedagtes op.  Dus weet jy reeds wat die gevolge van so ‘n episode kan wees en jy begin ander prentjies sien. Sê nou maar jy plant een voet dwars op die vloer voor genoemde spieël (die linker een) en jy doen die splits sodat jou ander voet (die pleister moet op die regter been kom) op die muur reg langs die spieël rus…

Na ses pogings om hierdie maneuver reg te kry en jy sewe keer van die vloer moes opstaan en die hond berading gee wat die hele petalje moes gadeslaan, besef jy dat jou angle van sukses presies 0.00056893 grade meer is as wat jy kan hanteer. Want jy hou aan ombliksem. Die gestrek en geblaas en geskuur maak die puisie in jou lies net nog kwaaier en seerder. Na die koffie wat jy sommer staande in die kombuis gedrink het, betrek jy die implemente laai – julle weet, daai een wat altyd halfpad vas steek omdat een van die braaivurke ‘n onsedelike botsing met die whisk gehad het en die soplepel dit in ‘n threesome probeer omskakel het.

En jy besef dat hierdie storie NOU moet klaar, want veel meer idees en moed het jy nie. Met ‘n paar strategies geplaasde kussings voer jy jou head stand op die bed uit met een voet op die kopstuk en die ander voet verlore – want jy’t drie sekondes nadat jy jou pose geneem het, alle gevoel in jou linkervoet verloor. In fact, jy weet nie eers meer of dit jou voet is nie, jy weet nie meer of jy ooit ‘n linkervoet gehad het nie … dis nou van die bloed wat weens swaartekrag jou brein oorspoel en jou dieselfde tipe gedagtes gee as daardie gedroogte sampioene wat jy laas by die apteker gekry het toe jy vir hom gesê het jy soek meer opwinding in jou lewe.

En jy baklei verby die puppies wat probeer ontsnap en jy baklei verby die air bubble van jou waterpas en jy het die salf en jy het die pleister en jy PLAK! Sommer vier pleisters so oorkruis sodat jy seker is dat een darem die vulkaniese uitbarsting wat op pad is, sal kan keer.

Toe jy wakker word, staan daar ‘n lou koppie koffie voor jou bed en jy is laat vir werk. Heelwat later hoor jy dat jou man homself nat gepiepie het van lag toe hy jou in daardie posisie uitgepass op die bed gekry het. Gelukkig het hy nie daarin gedink om foto’s te neem nie. Hy het jou jammer gekry, vir jou ‘n pleister op jou dreigende vulkaan geplak en jou meer gerieflik gemaak (menende die bloedtoevoer na jou extremities herstel en jou bubble weer op sy plek laat bobble …).

Daarna het hy die vier-pleister-ster en salf van die kopstuk verwyder …

Moet NIE self ‘n pleister op ‘n ontoereikende plek probeer plak NIE. Vra eerder vir hulp, dis nie ‘n skande nie. Fokkit, mens kan darem ‘n hoop pleisters spaar as iemand anders hulle vir jou plak …

Poerdez

Advertisements