Fok hulle almal. As die fokkers nie so steel en dodgy tenders aan hulle maatjies toe gestaan nie, sou ons nie in so ‘n gemors gewees het nie.

Ons krag is al van 05h00 vanmore af. Die standaard verskoning is dat dit ‘n 132kv trip is. Altyd. Miskien kom die krag vandag aan, anders more.

Die mislikepaliteit weet nie van die probleem nie, want hulle sms stelsel waarby jy jou probleem aanmeld, het nie krag nie. Dus geen verwysingsnommer nie.

Die raadslede vra vir verwysingsnommers sodat hulle kan eskaleer. Uhm, iemand is fokken stupid.

Daarby word stage 3 loadshedding aangekondig wat beteken ons het nie krag van 09h00 tot 11h30 af nie. Verskoon tog, maar ons het reeds nie krag van 05h00 nie. Dus spaar ons seker genoeg krag van 05h00 af om die geskeduleerde loadshedding vry te spring?

Ons het ‘n 2 plaat gasstoof maar dis so ‘n schlep om elke keer die ding in te dra en die gasbottel te koppel en ‘n pot op die stoof te sit vir koffie-water. Gisteraand se aandete was tuna mayo broodjies met koeldrank. Miskien moes ons wyn daarby gehad het.

Kan menz asseblief bedank as lid van hierdie banana republic (shithole country) en aansoek doen om asylum by enige land wat nie op die Afrika-vasteland is nie?

Foktog.

Poerdez

Advertisements