le-jou-eier1-e1512926357627

Of dalk eerder: wat is menz?

“Nie alles wat waar is kan bewys word nie” – Dwaalster

Menz is iemand wat nog soms PC is, maar glad nie meer SC nie. Want menz het menz se filters verloor. Of weg gemoer, whichever came first. Menz praat gereeld met drywers* in die verkeer – al hoor hulle menz nie; gewoonlik gaan dit gepaard met gebaretaal of wilde handbewegings. (* nie bestuurders nie, drywers = want net drolle dryf (het menz gehoor)).

Menz is gewoonlik die een wat sê wat ander mense dink, maar nie wil sê nie. Menz staan ook gou op teen onreg en ongelykheid en wreedheid, dikwels luid en kras. Menz gee om vir menz se binnekring en diere (wat nie slange of spinnekoppe insluit nie). As menz kon, sou menz ‘n plaas gehad het met BAIE donkies en skape en honde en katte en bokke en ens.

Menz het ‘n menzseMan wat menz anker en vir wie menz (soms dodelik) lief is.

Menz skrik binnetoe. Die gil weergalm in die gange van menz se kop, maar buitetoe – na menz asem geskep het – gaan gewoonlik net ‘n fok. So ‘n flying fuck.

Menz sukkel met onnosel mense. O fok tog, dit voel deesdae of dit so aansteeklik is soos die Spaanse griep van 1918 wat amper 500 miljoen mense versaak het. Common sense is not so common as you’d think. DINK en die vermoë om te kan, is aan die uitsterf en menz treur daagliks daaroor.

Menz doen ook soms dom goed sonder om te dink, maar in menz se werk is alles logies en ordelik al doen ons 90% van die tyd krisisbestuur agv ander mense se kak gedagtes (poepe wat ingehou word, borrel op na jou brein toe en word ‘n kak gedagte). Die totale vermyding van deadlines en prosedures en verantwoordelikheid is vir menz ‘n gotswonder.

Menz glo in reinkarnasie en ‘n lewe na hierdie een (die dood is nie vir altyd nie) en ‘n lewe na die volgende een en ‘n lewe na daardie een. Hoekomdefok dit nodig is, het menz nog nie uitgevind nie. Menz glo nie in een boek nie, maak nie saak wat sy naam is nie. Menz is ‘n leerder of versamelaar van inligting. Menz was op ‘n stadium lank laaank gelede ‘n versamelaar van goetertjies, maar nou versamel menz boeke en inligting.

24

Menz het ALTYD moeite gedoen met persentjies en bystand aan menz se naastes. Gee, gee, gee. Gee omdat menz so voel en nie sosiaal vereis word om te gee nie. Menz het nie ‘n probleem as die ontvanger nie ‘n gewer is nie (takers and givers and such), maar as jy iets gee omdat jy voel jy MOET omdat menz altyd gee en jy krap in jou laai of kaste rond vir iets wat jy nie gaan mis nie om tog net iets te kan gee, dan het daai storie sy gat gesien. Koop tog net ‘n fokken Aero tjoklit as jy aan menz dink en iets wil gee en bedoel dit dan (menz hou baie van Aero’s en Bubbly tjoklits *wink*wink*nudge*nudge*).

Menz is dik en duidelik. Menz probeer elke dag daaraan werk, maar menz begin nooit ‘n poging in die middel van die week nie. Dus Maandag. Volgende Maandag, promise. As jy nie hou van hoe menz lyk nie, staan verder weg. Nog verder, nog verder, nog verder … tot daar waar jy voel menz lyk beter. Dis reg so, bly dan sommer daar. Menz was ‘n seningrige man in 1350 BC, so menz was al maar. Hierdie lewe is blykbaar nie bedoel om maer te wees voor nie. Btw, as jy dit nog nie agtergekom het nie: menz is ‘n emosionele eter. *sug*

Menz se kopdokter sê menz is sinies en vertrou nie ander mense nie. No shit, Sherlock? Hoeveel kry jy daagliks met die mensdom te doen en is menz se siening verkeerd? Dus probeer menz nie oogkontak maak met takers nie en probeer enige ongemaklike situasies ten beste vermy.

EN (want menz kan) nou is menz emosioneel uitgeput en gaan menz soek na ‘n soetigheidjie.

Poerdez


Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open: https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.