le-jou-eier1-e1512926357627

Menz hou van kaas, bra!

Vieslikste song ooit, maar true. Synde dat menz die kleinkind van ‘n melkman is, is daar altyd suiwel in die yskas: melk, kaas, roomys, joghurt.

Vir die wat “ietsies” soek voor slaaptyd: ham, oorskiet, agurkies, brood, vrugte, viennas.

Daar is altyd ‘n liter of twee joghurt – vir net so eet of vir die wêreld se maklikste en vinnigste yskastert: meng 1 liter joghurt met ‘n blikkie kondensmelk. Gooi in ‘n bak gepak met tennisbeskuitjies en mikrogolf 4 minute. Verkoel.

Redelik normaal. O, en as ons van die knoffelpolonie in die bruin wrapping kan kry: dik sny polonie met stroop. Njammies!

Poerdez

PS: PnP se tjoklitmousse is lekkerder as Woollies s’n, en daarvan is gereeld in die yskas. Menz is nie dik van drink nie, dis tog duidelik? 😉

 


Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/f651aca5342f4bb9afec003e5aab6321

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Advertisements