Menz het nou net ‘n laaaaang storie oor salarisverhogings of die gebrek daaraan uitgevee. Moontlike verhogings of die gebrek daaraan en die onregverdigheid wat daarmee saam gaan. Want menz het werk en menz is dankbaar – menz het fokken hard gewerk om hier te kom en dit te behou, menz het per geluk (of ongeluk) die besluite geneem om hier te beland maar menz is dankbaar. Dankie.

Wanneer het die Afrikaner dan ‘n bedelnasie geword?

koek sassa

Ja, ja, menz is maar al te bewus dat daar ongeveer drie maande tussen menz se huidige omstandighede en die parkie as huis is. Maar as daar nie (WEER) geld is vir koek nie, dan is daar nie geld vir koek nie. En al is jou kinders jou kinders, leer moet hulle leer. Koek of nie koek nie, daar is meer wat saak maak.

En jy sê nie vir ‘n honger mens om eers kerk toe te kom en dan sal jy vir hom kos gee nie. Really? Hy/sy moet met sy vuil lyf in verslete klere en honderpyne tussen die gedressde anties in die kerk kom sit en wag dat die diens kan klaar maak sodat hy/sy kan eet vir die 1ste keer in dae?

Foktog.

Menz gee OP.

Punt.

Poerdez

 

Advertisements