Sê nou maar: soveel goed MOET op ‘n dag gebeur …

Deur die universe/lewensplanne/allermagtigste beplan. Soveel dood, soveel roof, soveel geboortes, soveel van soveel …

Dus, so lank dit met ander gebeur is jy veilig.

As jou nommer opkom, is dit jou beurt.

Shit. Partykeer word jy oorgesien en iemand anders se nommer word getrek. Partykeer sommer ‘n paar keer. Soms is jy die arme donner.

Poerdez

Advertisements

Lê-Jou-Eier: Sulke vriende het menz nie nodig nie …

Moeilike een. Menz vermoed menz het 3 vriende, waaronder menzseMan die naaste aan menz is.

Menz het in die verlede talkers and takers aangetrek soos brommers na ‘n drol (by menzseMan gehoor).

Menz self is ‘n luisteraar en was ‘n giver, maar menz maak nie meer oogkontak nie. Nie sommer nie.

Who listens to the listener?

Fucknows.

Poerdez

****

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Kan nie meer nie, Korporaal …

In ‘n tyd van PMS (sommer pre-, post- en tydens) en volmaan en werkstres en nie slaap nie ten spyte van die Dormonoct en anti-depressant, gebeur dit so dat die huiseienaarsversekering die grensmuur tussen ons en die bure moet laat reg maak. Van al die wind en reën met ‘n paar pale geknak en 2 panele uitgeval …. na die bure se kant toe, hoe anders?

Versekering stuur ‘n algemene kontrakteur (bouer) om te kom kwotasie gee, foto’s (!) te neem en aan hulle voor te lê. Alles lyk in orde en die datum van operasie Grensmuur word op huiseienaarsversoek met ‘n week uitgestel.

Nou, menz was nie bewus daarvan dat grensmure elke 5 – 10 jaar vervang moet word as hulle van betonblokke gemaak is nie.

Die mure lyk soos onder, behalwe dat die kort kante (koppe) van die bakstene wys, nie die lengte nie.

beton

Wat dinge verander mos, reg? Die bouer het mos foto’s en opmetings om beplanning te doen, reg? Mos.

Yeah right. Die pilare wat aangery is vanmore is glad. Geen steen in sig nie. Die nuwerwetse panele is blykbaar 1.44m lank en nie meer 1.5 m lank soos in 1980 nie.

Uhm.

Die bouer het mos foto’s en opmetings om beplanning te doen, reg?

Gelukkig sit die uwe by die werk en hoor net van die fokop. As menz daar was het menz 16 tantrums gegooi teen die bouer en die verfokkensekering, 3 hartaanvalle en 7 beroertes gehad.

*kry gemoedbekakking van epidermiese proporsies*

*pop ‘n urbanol*

*Drink ‘n koffie en rook 2 metholtjies direk na mekaar*

Die gat is nou blykbaar groter gemaak maar darem met sinkplate toe gemaak (sodat ons en die bure se kinders nie mekaar se speelgoed kan steel nie – lees: mekaar verskeur nie). Blykfokkenbaar sal die gemors voor Vrydag reg gemaak word want daar word nou inderhaas nuwe pale en panele laat maak volgens die “outydse” mates … soos bestel deur ‘n bouer van Johannesburg by ‘n vervaardiger ses blokke van ons huis af …

*loop kop eerste in naaste muur vas – vermy dry walls*

Vandag sou menz ‘n early exit verwelkom het. Hormone is ‘n bliksem.

Poerdez

 

 

Stadig oor die klippertjies …

… dan val menz jou nie desmoers oor die rotse nie. Mos.

Menz mag dalk vanoggend die arms so ‘n bietjie oorwerk het in die pyntuin. Menz gooi net die Nescafokkenfé, ‘n Candereltjie, kookwater en bietjie melk in die beker. Voeg een lepel by en hou die beker in die regterhand vas.

Die beker rittel so dat die koffie homself roer.

So by so, moet menz ook mooi mik met die mentholtjie dat hy in die mond kom vir ‘n rokie en nie in ‘n neusgat opeindig nie.

wonderwoman

As menz nou net die migration van die boobs na die kuite kan keer, behoort menz beter vordering te maak …

Poerdez

Swart …

Vandag dra ek swart want ek rou:

  • oor common sense nie common is nie
  • oor hulle wat dood is – gekend of ongekend
  • oor menz vandag die 28 jaar eetplan begin en nie menz se dag soos gewoonlik met ‘n Hug in a Mug kan begin nie
  • oor iemand nou wil kompensasie eis nadat die gesondheidsinrigting die fanilie laat weet het die pasiënt is 7 maande terug al oorlede ….. en jy het in 7 maande nie ‘n plan gemaak om te gaan kuier nie?
  • oor ons Departemente van Ongesondheid, Ekonomiese Wanstand, Armoede (Arbeid) en die plaaslike mislikepaliteite
  • oor menz onveilig voel in menz se eie land en eie woonbuurt en eie huis en nie die enigste een is wat so voel nie
  • oor menz nie Hug in a Mug mag drink nie
  • oor depressie en skade en kinderloosheid en armoede
  • oor menz ‘n velletjie op menz se vinger ingeskeur het en dit fokken gevoelig is
  • oor missed opportunities
  • oor menz nog nie die Lotto gewen het nie
  • oor menz nie Hug in a Mug mag drink nie
  • oor menz sommer kan
  • oor alles so duur geword het

Vandag dra menz swart. Want menz wil.

Poerdez

Menz soek vir poef …

… maar menz gee nie om nie. Want menz vermoed menz kan nogal hard bliksem as dit moet. As dit nie help nie, dan tazer ons net vir die prent. EN dan haal ons die gunne uit …

soek kaka

Menz se reaksie (en comment):

ag fok tog

Of hierdie een:

soek kaka 2

How’s about no farmers, no food? What the fuck do you want to feed the students then?

O fok tog.

Poerdez

Reguit.

Menz is reguit. En daai gaan gewoonlik gepaard met ‘n vloekwoord of twee.

truth asshole

Menz gee nie meer om wat ander van menz dink nie. Mense mag maar dink menz is ‘n bitch/asshole/doos. Dit pla nie.

Maar menz sal sê wat menz dink. En kak is kak. En fokof (want ek het nie jou drama in my lewe nodig nie, menz het genoeg van daai) is fokof.

I am what/how I am. If you don’t like it, please leave. If you don’t mind, please stay. And have a drink with me.

Sela.

Poerdez