Saterdag-oggend gaan menz vir menz se pedi. Lekker ontspanne sit-lê menz op die bedjie en menz se voete en toonnaels word gedoen. Te lekker. Ons gesels oor ALLERHANDE goed – die girl is amper soos ‘n berader en ons skroom nie om “fok” te sê as dit dan nou sou inpas in die gegewe situasie nie.

Menz buk toe nou sommer net daar oor die bedjie vir menz se depo-inspuiting sodat menz nie WEER op ‘n vakansie begin bloei nie (storie vir ‘n ander dag).

Na die pedi (en so), vat menz toe die pad Builders Warehouse toe vir ‘n buitelig met ‘n sensor om die ene by die huis te vervang waar menz bly. Op pad uit die winkel uit voel menz dat menz se jean darem nou lekker los sit. Jitte man, LOS! So amper van-die-heupe-afval-los. EN menz voel goed. Lekker. Maer. Lekker maer.

Menz oorhandig toe die liggie by die huis aan menzseMan om die nodige daarmee te doen en gaan loop ‘n draaitjie want die hasie-in-die-blasie klop al hoe dringender om te wil uit.

Dis toe met die broek-optrek-slag wat menz agterkom die knopie op menz se jean is los en die gulp oop …… in skok sien menz toe so in menz se agterkop die movie afspeel van losknoop en afzip vir die tannie wat menz vroeër ingespuit het. En menz sien die optrek in hierdie movie en NIE die vasknoop en opzip NIE.

Hmmm. Gelukkig was menz toe net in BW in en nie die hele dorp vol nie. Gelukkig ook is menz se tops lank genoeg om die skande (en die donker en bitter plekke) te verbloem.

Ongelukkig het menz toe nou NIE 5 kilo’s verloor in 2 ure NIE … *sug*

Poerdez