Lees menz nou die dag op FB oor Labels. Hoe dit wat jy is of het, jou label. Etikette pas nie so goed soos label nie, so verskoon maar die woord.

Ons is maar mos almal actors on the stage of life…

Depressive disorder…Panic and Anxiety disorder… Personality disorder… Avoidance disorder… en tot ‘n sekere mate Obsessive Compulsive disorder… en Bipolar…

Label ons nie maar almal ander mense en ook onsself nie? So dat jy nie die mens sien nie, maar eerder die label aanspreek?

Fixer, bedonnerd, denker, grapgat, dronkie, vettie, graatjie, windgat, ryk, arm, vuil, emosioneel, onstabiel, reguit, kras, ens ….

Sien ons ooit werklik die mens agter die label? Soveel as wat hulle ons toelaat om te sien of ons hulle toelaat om te sien? Let jy ooit op hoe jou woorde en dade (somtyds onbedoel en ongesensor) kneusplekke op ‘n ander se siel los? Dink jy soms oor die mens agter die label of is die label genoeg betrokkendheid want jy kan nie nog ander mense se issues ook hanteer nie?

Alleen. Dit kom ook in die post voor. Bitter alleen. Dit kan menz/mens ook tussen mense voel. Bitter min mense kan alleen wees met hulself – die mens is nie geskape om alleen te wees nie. Maar soms is alleen beter as seer. Gee mens dalk partykeer soveel dat daar nie genoeg oorbly om self heel te wees nie?

Menz se label vandag: melankolies.

Die sal ook oorwaai. Dalk omdat ons so lanklaas reën gehad het. Dalk omdat dit vandag bewolk maar tog so droog is. Dalk meer hormonal as homicidal. Dalk sommer net.

“♪ Before I blame someone else, I’ve gotta save myself. ♪”

Poerdez