… sukkel met hulle geheue? Hê?
Hoor menz die advertensie oor die radio gistermiddag op pad huis toe. Goeie fok, menz dog menz skyt amper op die Otter se beste koeivelsitplekke …
Dis nou iets wat ‘n pre-menopousal vrou in ‘n post-doodbloei-mood met ‘n doughnut in die een hand en ‘n double thick in die ander hand wil hoor terwyl sy bestuur … Nee, rerig, watdefok dink die mense? Hoe kan hulle so onverantwoordelik wees om sulke goed kwyt te raak?
Menz bedoel, menz kan nou nie noodwendig onthou wat vir aandete opgedis was gisteraand nie, maar menz kan nog presies onthou hoe’t menzseman se oë gelyk die eerste keer toe menz daarin verdrink het – 27 jaar gelede. Die triple-caramel quatro-chocolate koek wat die baas se chef-seun gister werk toe gestuur het was so lekker dat menz glad skoon die ingepakte slaai vir middagete misgekyk het.
But really, slegte geheue oorlat jy dik is? Norrefok.
SlenderWonder my ass.
Wag, laat menz gaan kyk waar het menz daardie triple-creamy-bubbly-slab in veilige bewaring gelaat staan. Hy is gespaar vir ‘n beter geleentheid, maar soos met alle goeters wat jy veilig bêre op plekke wat jy sal onthou van, het hy self rondgeskuif in ‘n poging om te ontsnap. En is dus nie meer in die wegsteekplek waar menz hom laas gelos het nie …
Of menzseMan het in ‘n toestand van chemically induced munchies eerste op hom afgekom.
Waar was ek nou op pad heen? O ja, die honde se waterbak is leeg en menzseMan wil koffie hê en iemand moet seker die menigte gaan voer ook …
Fok. Net omdat menz kan.
Poerdez
PS: O ja, en “groter” vrouens onthou ELKE happie koek, tert, tjoklit, mousse, 2nd helpings, pizza, burgers en ander sondige disse … omdat die wêreld vir hulle vertel dat hulle nie normaal is nie en moet conform.